23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

dat ons baie meer verstandig te werk gaan

oor wat ons oprig. Ons maak seker die fasiliteite

kan aan die behoeftes van die volgende

50 jaar voldoen.”

Aan die stuur van die skoolterrein vir die

afgelope 10 jaar is voormalige onderwyser

Awie Marais. Hy het onder meer 13 jaar by

Laerskool Swellendam en daarna 10 jaar by

Laerskool Stellenbosch gewerk, waar hy ook

’n sportorganiseerder was. Hy is verantwoordelik

vir die instandhouding van al die skool

se fasiliteite en die bestuur van die terreinpersoneel.

Volgens Marais verg sy werk

deeglike daaglikse en weeklikse beplanning.

TERREINPERSONEEL

Voor van links: Dawie Adonis, Edgar Arnolds, Eric Faniso, Setefane Lechamcham, Destiny Damonse,

John Matthysen, Lindsay Jacobs, Boetie Hendriks (afgetree) en Franklyn Jacobs. Agter van links: Thomas

Robyn, Ralph Fernandez, Dmitri van Kerwel, Liezel van der Rheede, Lesley Visagie en Awie Marais.

die skool se beroepsvoorligter en sielkundige

sowel as die graadhoofde. Ouers vul

vorms in indien daar enigiets is waarvan

personeel spesifiek bewus moet wees.

Hierdie persoonlike aanslag is vir die skool

belangrik. “Ons hanteer alles diskreet.

Soms is van die kinders se harte bietjie

broos, dan herlei ek dit en volg dan

op. Elke skool het sy pyn. ’n Mens het

geweldig empatie met die kinders, so jy

hanteer hulle mooi.”

As iemand wat voorheen in die korporatiewe

wêreld gewerk het, geniet

Haasbroek die kontak met die kinders en

die ouers. Sy sê: “Dit is vir my interessant

om met die verskillende grade te werk.

Wanneer hulle in gr. 8 inkom, sien jy

hierdie klein jong seun en jy gaan saam

met hom deur tot matriek. Die manier hoe

hulle groot raak en hoe hul persoonlikhede

ontwikkel vanaf gr. 8 tot 12 is vir my

fantasties, want jy stap ’n pad saam met

hulle.”

Sy geniet ook die band wat sy met die

kinders en van die ouers vorm. “Jy moet

na hul kinders kyk en versorg tot die beste

van jou vermoë. Kamer 14 en mnr. Van

Staden het ’n oopdeurbeleid. Sy deur staan

altyd oop as daar enige probleme is.”

Volgens Haasbroek is daar elke dag ’n

uitdaging wat tyd betref. “Die tyd is eintlik

te kort vir alles wat gedoen moet word

en jy wil nie een van die kinders afskeep

nie.”

Sy sê daar is dikwels 50 tot 60 kinders

per dag wat in en uit beweeg. “Ek geniet

my werk verskriklik. Ek dink die ratte by

Paul Roos loop lekker. Vir ons in kamer

14 is dit regtig ongelooflik weens die

kontak wat ons met die kinders het. Dis

lekker om met die kinders te werk. Hulle

weet hulle kan met enigiets na ons toe

kom, of hulle siek, ongelukkig of gelukkig

is. Soms hardloop hulle met ’n blom in, of

die seunskoor kom sing vir ons.”

Terreinbestuur

Paul Roos beskik oor verskeie wêreldklasfasiliteite

en is tans onder meer besig met

’n binnenshuise krieketsentrum wat een

van die top-5 fasiliteite van sy soort in

die land gaan wees. Die projek is vir die

afgelope drie en ’n half jaar aan die gang

en word in samewerking met die Universiteit

Stellenbosch en die Stellenbosch

Akademie vir Sport gedoen. Die skool is

ook besig om een van die koshuise te

vergroot omdat daar ’n groot vraag na

koshuisverblyf is.

Van Staden vertel: “Die feit dat ons ’n

meesterplan vir ons terrein ontwikkel, maak

Hy sê egter daar is soms onvoorsiene gebeure.

“Ons het elke week ’n druk program.

Ons onderhou die hele skoolterrein binne en

buite en moet seker maak dat alle sportfasiliteite

op ’n baie hoë standaard gehou en

gehandhaaf word. Ons doen dus ’n weeklikse

evaluasie van al die fasiliteite. Dit gaan oor

die voorbereiding. Die fasiliteite moet veilig vir

die spelers wees. ’n Span kan nie net speel

nie. Alles moet reg wees en die eindproduk

moet bevredigend wees.”

Marais woon alle sportwedstryde by en die

sportterreine word ná afloop van die wedstryde

weer geïnspekteer om seker te maak

alles is netjies en alles is op hul plek.

Hy en sy personeel werk dus baie lang ure.

Volgens Marais het hy gelukkig baie bekwame

mense wat vir hom werk. Dit sluit in onder

andere Dawie Adonis wat reeds vir 30 jaar

by die skool werk, sowel as Edgar Arnolds

(28 jaar). David Hendricks (28 jaar) het

verlede jaar in die ouderdom van 60 jaar

afgetree. “Ek hou daarvan om met mense te

werk. Ek het ’n redelike aanvoeling vir mense

omdat ek met verskillende persoonlikhede

werk.

“PRG kyk baie goed na sy personeel en dis

hoekom die mense nie sommer van werk

verander nie. Dis ’n voorreg om deel te wees

van PRG en om die passie van die skool

met ander personeellede te deel.”

26 | Stellenbosch Magazine | July Issue

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!