23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

’n Besigheids-suksesverhaal uit die hart van Cloetesville, Stellenbosch

- deur Elmarine Anthony

Besigheid

In Januarie 2017

het Niklaas Willemse bedank uit

sy permanente werk waar hy R8 000

per maand verdien het, om vyf lesse

teen R750 aan een leerlingbestuurder

te gee.

Dít is hoe Willemse, van Cloetesville, heeltyds

op Niklaas and Nita’s Driving School begin

fokus het tot waar dit vandag ’n suksesvolle

besigheid is.

Sedert hy in 2009 sy lisensie gekry het,

was dit sy droom om ’n bestuursinstrukteur

te word. Die volgende jaar het hy as ’n

bestuurder by ’n patologiediensmaatskappy in

Goodwood begin werk. “Ek wou ’n bestaande

koeriersbesigheid koop, maar het nie die

finansies gehad nie.”

In 2015 het dinge finansieel swaar gegaan.

Willemse het ’n nuwe voertuig gekoop omdat

hy baie oortyd gewerk het, maar toe die

oortyd opdroog, moes hy los werkies kry

om brood op die tafel te sit en petrol in sy

kar te gooi. Hy het soggens van 06:00 tot

16:00 sy permanente werk gehad en 17:00

moes hy terug wees in Stellenbosch om

tot 22:00 as petroljoggie by Caltex op die

hoek van Merrimanlaan en Birdstraat te werk.

Voorts het hy ook Sondae by Debonairs in

Die Boord gewerk. “Dit was ’n stryd, maar ek

het vir twee jaar so aangegaan.”

Intussen het hy egter beplanning vir sy

besigheid begin doen. “Ek het die naam

uitgekies, myself in die besigheid gesien en

alles neergeskryf.”

Hy vertel hoe hy een Sondagmiddag ná kerk

verby die petrolstasie in Cloetesville gery het

terwyl iemand ’n ry-les gekry het. “Ek het

gekyk en het nie gehou van hoe die instrukteur

vir hom wys hoe om sy parkering te

doen nie. Ná kerk het ons hoekal by hierdie

leerling se ouers gebraai en geëet toe ek

hom gaan wys hoe ek geleer het. Hy het

gevind my manier is baie maklik. Ek het

vir hom my kar gegee om daarmee uit te

passeer.

“Ek het gebid oor die saak en vir die Here

gesê as hy sy lisensie slaag, weet ek ek

moet hierdie besigheid aanpak. Toe hy ingaan,

vra hy of hy vir my enigiets moet gee. Ek

het gesê ‘nee, bring net vir my ’n lisensie.

Dis al’. Hy het geslaag en van toe af het die

Here bevestiging gegee dat ek die bestuurskool

moet begin.”

Willemse, wat ook al voorheen as ’n Tuk-

Tuk-bestuurder gewerk het, het toe die ryskool

begin, maar dit deeltyds gedoen. Sy vrou,

Juanita (beter bekend as Nita), was bekommerd

toe hy uit sy voltydse werk wou bedank.

“Ek moes ’n keuse maak. Daar was ’n leerling

wat by my begin het wat ’n toetsdatum

gehad het en vyf lesse wou hê. Ek kon nie

aanhou met werk én vir haar help nie.

“My vrou het daardie aand by die huis gesê

die Here het klaar met haar gepraat en gesê

ek kan maar die werk los,” vertel Willemse

wat byvoeg dat hulle nog in daardie stadium

skuld gehad het.

Hy het die volgende dag sy bedankingsbrief

ingedien. “Dis hoe die besigheid voltyds ontstaan

het.”

Volgens Willemse was dit aanvanklik moeilik

om die besigheid aan die gang te kry, omdat

die meeste van die geld wat hy vir die lesse

gevra het, vir petrol gebruik is. “Dit was ’n

uitdaging, maar mettertyd het dit beter geword.

“Ek doen altyd my bes sodat die persoon sy

lisensie moet kry. Mense vra my gereeld wat

my slaagsyfer is. Ek sê altyd jou slaagsyfer

lê gewoonlik by die leerling self. Wanneer jy

slaag, maak jy vir my 100 persent, maar ek

kan nie sê ek het ’n 100 persent slaagsyfer

nie.”

Willemse erken daar is soms moeilike tye

wanneer die meerderheid leerlinge druip. “Jy

kry daai seisoene waar nie almal slaag nie en

waar nie almal druip nie. Ons werk met beginners

– mense wat nou net hul leerlinglisensies

gekry het. Ouderdom maak nie ’n verskil

nie,” vertel Willemse wie se oudste vroulike

student 66 jaar en oudste manlike student 59

jaar oud was.

Hy sê geduld is een van die belangrikste

eienskappe waaroor ’n bestuursinstrukteur moet

beskik. “Jy moet rustig wees. Mense kan voel

wanneer jy nie geduldig met hulle is nie. As

die persoon nie na die volgende les kom nie,

moet jy weet daar is iets fout.”

Hy meen ook instrukteurs moet ’n passie hê

om met mense te werk en sielkundig ingestel

wees op jou kliënte. “Selfs wanneer dit

stresvol is, kan jy nie vir die persoon wys jy

stres nie, want hulle is reeds vol stres wanneer

hulle eers begin. Hulle weet nie wat van

hulle verwag word nie, maar jy as instrukteur

weet, so jy moet rustig en kalm wees.

Byvoorbeeld praat oor die kar voor hulle

begin, maak ’n praar grappies en dies meer.

Hulle moet kan uitsien na die volgende les.’’

Weens COVID-19 het die bestuurskool vir

ses maande geen inkomste gehad nie, maar

sy vrou het tydens die inperking voortgegaan

om as ’n versorger te werk. Sy het onlangs

as ’n instrukteur gekwalifiseer en is ook nou

ten volle by die besigheid betrokke.

“Ons is in ’n gelukkige posisie dat die

besigheid nou so gegroei het dat ons nou ook

aanlyn leerlingklasse aanbied,” vertel Willemse.

Willemse is ’n gesinsman met drie kinders en

drie kleinkinders.

| Stellenbosch Magazine | July Issue

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!