23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Slendidior

Paul Roos Gimnasium het in 2019 ’n

nuwe baadjie aangetrek vir hul klerewinkel

wat op die kampus geleë is onder

die Japie Krige Saal. Splendidior, soos

die winkel bekend staan is ontwerp deur

plaaslike argitekte met ’n ou wêreldse

gevoel om by die historiese geboue wat

op die kampus is in te pas.

Die winkel bied aan elkeen van die

leerders ’n persoonlike diens gedurende

pouses, asook ná skool vir wanneer die

ouers die leerders wil vergesel. Voornemende

gr. 8-leerders en hul ouers kry

veral dan ook spesiale behandeling

tydens hul besoek aan die winkel wat

per afspraak geskied en tyd word bestee

om die leerder in sy korrekte skool- en

sportdrag uit te rus.

Oudskoliere en hul families kan ook die

winkel besoek, hetsy dit net vir ’n nostalgiese

oomblik is of vir geskenke met

’n PRG aanslag. Items sluit in gemaalde

koffie wat spesiaal vir die rektor gerooster

word (staan bekend as The Rector’s

Blend), koffiebekers met die naam Maroen

Masjien, sambrele, komberse, ondersteunersdrag,

PRG se eie Havianas-plakkies en nog

vele meer. Splendidior word bedryf deur De

Jagers en is die enigste verskaffer van Paul

Roos uniforms en handelsmerkitems.

10 BELANGRIKE FEITE

OOR DIE SKOOL

1. Een van die oudste seunskole in die land.

2. PRG is een van vier skole in die land wat

jaarliks ’n Rhodesbeurs vir ’n topstudent in sy

finale jaar kan toeken vir verdere studie aan

Oxford-universteit.

3. Een van die top 20 WKOD-skole.

4. Sestig Kaaplandse merietelyskandidate sedert

1966, ingeslote vyf eerste plekke (in

Kaapland).

5. Die Universiteit Stellenbosch (US) het uit die

skool ontwikkel en PRG is die universiteit se

grootste voederskool. Twee rektore van die

universiteit kom uit die oudskoliere-geledere

naamlik prof. Wim de Villiers, huidige rektor

en vise-kanselier asook prof. RW Wilcocks.

6. Ses-en-twintig oudskoliere het eredoktorsgrade

van die US ontvang sedert dit vanaf 1919

toegeken word.

7. PRG-oudskoliere het 13 maal die US se

kanseliersmedalje verower sedert dit vanaf

1961 toegeken is aan die beste student vir

prestasies aan die einde van sy studiejaar,

gemeet oor sy hele studieloopbaan.

8. PRG is die skool met die meeste Springbokke

in Suid Afrika met 54 bokke.

9. Paul Roos (Old boy 1899) en eerste

Springbokkaptein in 1906, gee die naam

"Springbokke" aan ons nasionale spelers

in 1906.

10. PRG-oudskoliere presteer op alle gebiede

van die samelewing, wat ’n bewys is van

die skool se veelsydigheid en uitnemendheid,

insluitend sakelui, sport, kuns, musiek,

skrywers, joernaliste en dies meer.

| Stellenbosch Magazine | July Issue

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!