malaki.second.chances082 770 0657
atebouer van die maand is’n nuwe reeks gebaseer opdie 40 bateboublokke van’n gebalanseerde lewenspad.In ons eerste artikel geselsElmarine Anthony met RaizaCrombie, onderwyseres by HoërskoolCloetesville.“Vanweë juffrou is ek vandag waar ek nou is.”Dié woorde beteken alles vir ’n onderwyser,vertel Raiza Crombie wat vir die afgelopevyf jaar by Hoërskool Cloetesville skoolhou.Crombie is een van die personeellede wat ’nomgee en aanmoedigende klimaat by die skoolskep (Bate nr. 5).Haar werk strek egter buite die klaskameren buite die skool. Wanneer sy praat, klinksy soos ’n onderwyser wat omgee vir “haarkinders”, soos sy na haar leerders verwys,sowel as ’n gemeenskapswerker. Op die muuragter haar lessenaar is talle briefies van haarleerders oor onder meer watter groot impak syop hul lewe gehad het. Daar is so baie briefiesdat sy dit elke maand op die muur roteer.“Skoolgee vir my is nie net jou vak wat jy injou klas aanbied nie,” vertel Crombie wat Engelsvir gr. 10 tot 12 gee.Sy sê: “Voor jy ’n kind jou vak kan leer, moetjy eers ’n band met die kind vorm. Dit baatnie jy is die slimste onderwyser met die meestekennis maar jy het nie ’n konneksie met diekind wat voor jou sit nie. Jy moet eers ’nband vorm met die kinders voordat jy vir hulleenige waardes of skoolwerk kan leer.“Ek wilweet wie is jybuite die skool?“Ek wil weet ‘wie is jy buite die skool?’ Wat isjou omstandighede buite die skool en waar kanek jou help sodat wanneer jy in die klas kom,jy ’n beter en meer ontspanne kind is. Hier isbaie sosio-ekonomiese probleme- en onregtein ons gemeenskap. Dit sluit in armoede,bendegeweld en dwelm- en alkoholmisbruik.Huishoudelike omstandighede is die grootsterolspeler in ’n kind se lewe, veral in onsgemeenskap. Jy moet altyd hul omstandighedein gedagte hou.“Ek is betrokke by alles in my kinders selewens. As individu voel ek dis my plig om diekinders te leer ken en om belangstelling in hullewens te toon. As jy nie vandag in my klaswas nie, sal ek navraag daaroor doen. ’n Kindse reis is hulle s’n om te stap, maar my rolis om hulle te help aan die ander kant uitkom.Daardie belangstelling wat jy in ’n kind toon,beteken baie vir hulle.“Ek het nog nooit ’n probleem met ’n kind inmy klas gehad nie. Dis so lekker om skoolte gee en te kan lief wees vir jou kinders enhulle is lief vir jou. Om te wys jy gee om isvir hulle so belangrik. As jy onthou wanneer’n kind se verjaardag is, weet jy hoe spesiaalhulle voel? Dit beteken baie vir hulle.”Een van die redes waarom Crombie so sterkvoel oor haar betrokkenheid by haar kinders, isomdat haar Engelse onderwyser by HoërskoolStellenbosch haar op dieselfde manier gehelphet. “Sy het my geïnspireer om ’n onderwyserte word. Sy het alles wat ek nou doen, vir mygedoen.”Verdere studies ná matriek was nie ’n opsiewaaraan Crombie gedink het nie, totdat haaronderwyser vir haar aangemoedig en gehelp hetom by die Universiteit Stellenbosch aansoek tedoen en te registreer. “Die dag toe ons onsgr. 12-rapporte kry, het sy skool toe gekomen gesê ‘jy kom sien my môre’. Sy het vir myverduidelik oor beurse en wat my verskillendeopsies is”, vertel Crombie, oor haar voormaligeonderwyser wat nie meer in daardie stadium bydie skool gewerk het nie.Nadat sy haar BA-graad in geesteswetenskappeverwerf het, is sy terug na haar voormaligeonderwyser met die vraag “wat nou?” Toe sêek vir haar ‘ek wil doen wat juffrou nou virmy doen’. Dit is om ’n kind wat nie ’n visiehet vir sy lewe nie, te help om ’n rigting in sylewe te kry. Skool is vir my. Ek wou hier weeswaar ek ’n verskil kan maak. Hier kan ek virjou iets soos selftrots en respek leer. Dit isuitdagend om ’n band met kinders te bou, maarwanneer jy dit regkry, is dit alles die moeitewerd. Ek dink die minste wat jy vir ’n kind kandoen is om vir hulle goedheid te wys.”WAT IS BATEBOUERS?In die boek “Elkeen is ’n batebouer” deur Jeanettede Klerk-Luttig, word batebouers beskryfas mense wat hoofsaaklik op hoop, vreugdeen oplossings vir probleme fokus. “Batebouersglo dat elke persoon en elke gemeenskap inSuid-Afrika die potensiaal het om die lewens vanjongmense positief te verander.”Daar is 40 bates wat ’n persoon in kinderskan ontwikkel. “Die 40 bates vorm die basis virkinders en jongmense se ontwikkeling en hullehet dit nodig om te floreer en gesond en gelukkigte leef. Dit beskerm hulle teen risiko-gedragen help hulle om terug te spring ná mislukkings.”“Die gesondheid van ’n samelewing kan gemeetword aan hoe hulle omsien na hul jongste generasie.Batebouers gee aan ons ’n gemeenskaplikevisie waardeur verskillende segmente vanons gemeenskappe – families, bure, skole, gemeentes,jeugorganisasies, sportklubs, ensovoorts,kan hande vat en saamwerk om seker te maakdat kinders en jongmense kry wat hulle nodig hetom in gelukkige, gebalanseerde volwassenes teontwikkel.”| Stellenbosch Magazine | July Issue7