23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

atebouer van die maand is

’n nuwe reeks gebaseer op

die 40 bateboublokke van

’n gebalanseerde lewenspad.

In ons eerste artikel gesels

Elmarine Anthony met Raiza

Crombie, onderwyseres by Hoërskool

Cloetesville.

“Vanweë juffrou is ek vandag waar ek nou is.”

Dié woorde beteken alles vir ’n onderwyser,

vertel Raiza Crombie wat vir die afgelope

vyf jaar by Hoërskool Cloetesville skoolhou.

Crombie is een van die personeellede wat ’n

omgee en aanmoedigende klimaat by die skool

skep (Bate nr. 5).

Haar werk strek egter buite die klaskamer

en buite die skool. Wanneer sy praat, klink

sy soos ’n onderwyser wat omgee vir “haar

kinders”, soos sy na haar leerders verwys,

sowel as ’n gemeenskapswerker. Op die muur

agter haar lessenaar is talle briefies van haar

leerders oor onder meer watter groot impak sy

op hul lewe gehad het. Daar is so baie briefies

dat sy dit elke maand op die muur roteer.

“Skoolgee vir my is nie net jou vak wat jy in

jou klas aanbied nie,” vertel Crombie wat Engels

vir gr. 10 tot 12 gee.

Sy sê: “Voor jy ’n kind jou vak kan leer, moet

jy eers ’n band met die kind vorm. Dit baat

nie jy is die slimste onderwyser met die meeste

kennis maar jy het nie ’n konneksie met die

kind wat voor jou sit nie. Jy moet eers ’n

band vorm met die kinders voordat jy vir hulle

enige waardes of skoolwerk kan leer.

“Ek wil

weet wie is jy

buite die skool?

“Ek wil weet ‘wie is jy buite die skool?’ Wat is

jou omstandighede buite die skool en waar kan

ek jou help sodat wanneer jy in die klas kom,

jy ’n beter en meer ontspanne kind is. Hier is

baie sosio-ekonomiese probleme- en onregte

in ons gemeenskap. Dit sluit in armoede,

bendegeweld en dwelm- en alkoholmisbruik.

Huishoudelike omstandighede is die grootste

rolspeler in ’n kind se lewe, veral in ons

gemeenskap. Jy moet altyd hul omstandighede

in gedagte hou.

“Ek is betrokke by alles in my kinders se

lewens. As individu voel ek dis my plig om die

kinders te leer ken en om belangstelling in hul

lewens te toon. As jy nie vandag in my klas

was nie, sal ek navraag daaroor doen. ’n Kind

se reis is hulle s’n om te stap, maar my rol

is om hulle te help aan die ander kant uitkom.

Daardie belangstelling wat jy in ’n kind toon,

beteken baie vir hulle.

“Ek het nog nooit ’n probleem met ’n kind in

my klas gehad nie. Dis so lekker om skool

te gee en te kan lief wees vir jou kinders en

hulle is lief vir jou. Om te wys jy gee om is

vir hulle so belangrik. As jy onthou wanneer

’n kind se verjaardag is, weet jy hoe spesiaal

hulle voel? Dit beteken baie vir hulle.”

Een van die redes waarom Crombie so sterk

voel oor haar betrokkenheid by haar kinders, is

omdat haar Engelse onderwyser by Hoërskool

Stellenbosch haar op dieselfde manier gehelp

het. “Sy het my geïnspireer om ’n onderwyser

te word. Sy het alles wat ek nou doen, vir my

gedoen.”

Verdere studies ná matriek was nie ’n opsie

waaraan Crombie gedink het nie, totdat haar

onderwyser vir haar aangemoedig en gehelp het

om by die Universiteit Stellenbosch aansoek te

doen en te registreer. “Die dag toe ons ons

gr. 12-rapporte kry, het sy skool toe gekom

en gesê ‘jy kom sien my môre’. Sy het vir my

verduidelik oor beurse en wat my verskillende

opsies is”, vertel Crombie, oor haar voormalige

onderwyser wat nie meer in daardie stadium by

die skool gewerk het nie.

Nadat sy haar BA-graad in geesteswetenskappe

verwerf het, is sy terug na haar voormalige

onderwyser met die vraag “wat nou?” Toe sê

ek vir haar ‘ek wil doen wat juffrou nou vir

my doen’. Dit is om ’n kind wat nie ’n visie

het vir sy lewe nie, te help om ’n rigting in sy

lewe te kry. Skool is vir my. Ek wou hier wees

waar ek ’n verskil kan maak. Hier kan ek vir

jou iets soos selftrots en respek leer. Dit is

uitdagend om ’n band met kinders te bou, maar

wanneer jy dit regkry, is dit alles die moeite

werd. Ek dink die minste wat jy vir ’n kind kan

doen is om vir hulle goedheid te wys.”

WAT IS BATEBOUERS?

In die boek “Elkeen is ’n batebouer” deur Jeanette

de Klerk-Luttig, word batebouers beskryf

as mense wat hoofsaaklik op hoop, vreugde

en oplossings vir probleme fokus. “Batebouers

glo dat elke persoon en elke gemeenskap in

Suid-Afrika die potensiaal het om die lewens van

jongmense positief te verander.”

Daar is 40 bates wat ’n persoon in kinders

kan ontwikkel. “Die 40 bates vorm die basis vir

kinders en jongmense se ontwikkeling en hulle

het dit nodig om te floreer en gesond en gelukkig

te leef. Dit beskerm hulle teen risiko-gedrag

en help hulle om terug te spring ná mislukkings.”

“Die gesondheid van ’n samelewing kan gemeet

word aan hoe hulle omsien na hul jongste generasie.

Batebouers gee aan ons ’n gemeenskaplike

visie waardeur verskillende segmente van

ons gemeenskappe – families, bure, skole, gemeentes,

jeugorganisasies, sportklubs, ensovoorts,

kan hande vat en saamwerk om seker te maak

dat kinders en jongmense kry wat hulle nodig het

om in gelukkige, gebalanseerde volwassenes te

ontwikkel.”

| Stellenbosch Magazine | July Issue

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!