23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PAUL ROOS GIMNASIUM VIER

155 JAAR

- deur Elmarine Anthony

Volgens Van Staden is seunskole bevoorreg

om ’n ryk geskiedenis te hê. “Ek dink

kinders besef eers later in die lewe wat ’n

groot impak dit op hul ontwikkeling het. Daar

is mense voor jou wat vir sekere waardes

gestaan het. Sonder dat die seuns agterkom,

koop hulle dan in op daardie waardes.

Baie van die seunskole het ou gevestigde

waardes wat eintlik ’n reuserol speel sonder

dat jy altyd jou vinger daarop kan druk.”

Dus is die ontwikkeling van ’n sterk karakter

ook van kardinale belang, vertel Van

Staden. Hy glo die skool se waardes en

die verskeidenheid van geleenthede wat dit

die leerders bied, speel ’n groot rol in die

ontwikkeling van die seuns. “Ek dink die

feit dat ons deel is van so ’n sterk tradisie

wat oor 155 jaar heen strek, ontwikkel hul

karakter.”

André van Staden

Van staatsleiers, sakelui, bekende kunstenaars,

sangers, sportsterre tot wetenskaplikes.

Paul Roos Gimnasium (PRG) is bekend vir

sy uitnemendheid, ’n eienskap wat duidelik

na vore gekom het met verlede jaar se

matriekuitslae met onder meer ’n rekordgetal

van 25 kandidate wat 90% of hoër

gekry het. Dié besonderse prestasie het

kort op die hakke van die skool se 155ste

verjaarsdag op 1 Maart gevolg.

Fisies is die skool amper soos ’n wêreld

op sy eie met ’n pragtige kampus aan die

oewer van die Eersterivier. Wanneer jy op

die kampus loop, kan jy egter nie help om

belangrik en welkom te voel nie elke keer

wanneer ’n leerder sy kop knik en sê:

“Hello mam”.

Rektor vir die afgelope vier jaar, mnr. André

van Staden, sê hulle is baie bevoorreg om

die een prestasie na die ander te beleef.

“Ek glo ons het die vermoë en die talent

onder ons seuns om in elke aspek uitnemend

te wees. Dis wat ons by ons seuns

probeer kweek.”

Een van die dinge wat vir Van Staden uitstaan

van Paul Roos is die eenheidsgevoel

onder die seuns en hoe hulle mekaar se

suksesse geniet. Hy sê samehorigheid en

die feit dat die seuns mekaar aanmoedig om

op ’n hoë vlak te presteer, is een van die

eienskappe wat seunskole uniek maak. “Daar

is baie gesonde kompetisie. Ek dink die

sterkste ding van ’n seunskool is die etos.

Dit raak ’n etos van uitnemendheid, van

‘ons gaan alles goed doen’.”

Tradisies is ook een van die belangrike

aspekte van seunskole, maar daarmee sê

hy nie dat tradisies nie aangepas moet word

nie. Hy meen dit moet soms in lyn met die

moderne samelewing aangepas word. Daar is

wel sekere tradisies wat dieselfde bly soos

A-dag wanneer die gr. 8-leerders hul dasse

kry, die matriekdagseremonie en Z-dag – die

matrikulante se laaste amptelike skooldag.

“Dís wonderlike ou tradisies wat ’n ongelooflike

impak op die seuns se lewe het.”

Daar is baie uitdagings wat met ’n topinstansie

gepaardgaan, erken Van Staden.

Hy sê die skool moet ’n infrastruktuur en

omgewing skep wat aan al die leerders se

behoeftes voldoen. Dit is ’n skool wat vir

almal voorsiening maak en uiteenlopende

belangstellings akkommodeer. “Ons wil nie

bekend staan as ’n skool waar net een

aspek belangrik is nie. Die totale mens is

vir ons belangrik.”

Jock de Jager

Van Staden is vir byna 38 jaar betrokke

by die onderwys. Hy sê dit vra persoonlike

opofferings om aan die stuur van ’n instelling

soos Paul Roos Gimnasium te wees.

Jy moet ook divers kan wees. Jy gaan

byvoorbeeld van ’n akademiese probleem na

’n sportaktiwiteit en dan na ’n leerder wat

dalk ’n emosionele terugslag of probleem

ervaar. “Ek dink nie jy gaan oorleef as jy

nie ’n aanvoeling en passie vir jongmense

het nie. Jy moet dit geniet om met jongmense

te werk. Jy moet ’n verskeidenheid

van situasies kan hanteer. Jy moet besef dit

gaan uitdagend wees.”

Daar is egter geen plek wat mooier oomblikke

het as ’n skool nie, sê Van Staden.

“’n Skool het pragtige mooi oomblikke wat

opmaak vir al die uitdagende tye. Die

ontwikkeling van ’n jongman is net ongelooflik.

Jy sien hom in gr. 8 en as jy weer sy

hand skud, dan het hy ontwikkel in hierdie

wonderlike jongman. Ek dink daar is baie

mooi dinge aan ’n skool. Dis ’n voorreg en

| Stellenbosch Magazine | July Issue

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!