23.07.2021 Views

Stellenbosch Magazine July 2021

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

Stellenbosch Magazine is a monthly online magazine about the people of our beautiful town!

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Noble met sy ma

Katrina Noble

(néé Van Wyk).

Haar noemnaam

was Katty.

y glo hy sou vir lank

’n Springbok gewees het,

indien dit nie vir die

politieke landskap van die

tyd was nie. John Noble

(67) het egter sy plek in Suid-Afrikaanse

rugbygeskiedenis verseker toe hy die

eerste speler van kleur geword het om ’n

drie as deel van ’n gemengde span teen ’n

internasionale span op Nuweland te druk.

In koerantberigte tydens sy rugbyloopbaan is

Noble onder meer beskryf as “’n rugby-replika

van Mannetjies Roux en die skitter-vleuel van

die SA Rugby-Federasie.”

Met die instap by sy huis in Cloetesville pronk

talle koerantberigte en foto’s van die vele

hoogtepunte in sy rugbyloopbaan.

Noble is in 1953 in Du Toit-stasie gebore. Sy

pa, George, was ’n bekende rugbyspeler en sy

drie broers, Christie, Aubrey en George was

ook kranige rugbyspelers in hul eie reg.

Hy het die Rynse Skool bygewoon wat nie

rugby as ’n sport aangebied het nie. Noble

het sokker gespeel en atletiek as ’n naelloper

uitgeoefen, maar het elke dag ná skool met sy

vriende rugby met ’n tennisbal gespeel. Met die

leerders se oorgang van die Rynse Skool na

wat vandag Cloetesville Laerskool is, het Noble,

die tweede oudste van sewe kinders,

skool verlaat.

Sy pa is jare tevore in 1966 oorlede.

Hy en sy oudste suster, Crystal, het

verskeie soorte werk gedoen. Noble

het onder meer as ’n vatmaker vir

Stellenbosch Boerewynmakery (vandag

Distell) gewerk sowel as by die

Universiteit Stellenbosch. Hy sê hy en

Crystal het gewerk om hul broers en

susters deur skool te sit en hul ma

te help. Hulle het

almal gematrikuleer

en Noble het

later tot gr. 10

skoolgegaan nadat

hy aandklasse

bygewoon het.

Sy loopbaan as rugbyspeler het in

1968 begin toe hy vir Blakes-rugbyklub

se juniors gespeel het. Hy het

in 1970 na die senior klub oorgegaan.

“Ek was nie so groot gebou

soos my pa nie. Hy was ’n voorspeler,

maar het agter ook gespeel. Ek is

nie so gebou dat ek in die voorspelers

kon speel nie. Ek was ’n vinnige

manne- tjie wat gekies is om vleuel

te speel. Toe ek my kom kry, toe het

ek die talent. Die Here gee vir jou ’n

talent wat jy kan uitleef. Ek het gesien daar is

geleenthede vir my wat ek nooit sou gekry het

as ek nie by rugby betrokke was nie.”

Volgens Noble het Blakes-rugbyklub in 1972

verskeie spanne uitgenooi om op hul tuisveld te

speel waar Cloetesville-daghospitaal nou geleë

is. Dit was deel van die klub se 21ste verjaarsdagvieringe.

Hy het uitgeblink in die finale

wedstryd waarna hy vir Coronations-rugbyklub

gespeel het. “As jy nie vir Coronations gespeel

het nie, het jy nie ’n kans gekry om proewe te

kon speel nie,” verduidelik Noble.

Hy het daarna in Graaff-Reinet

proewe gespeel om in aanmerking te

kom vir die kleurling Federasiespan,

bekend as die Proteas, se toer na

Engeland. “Ons het gehoor Engeland

gaan in 1972 in Suid-Afrika

kom speel en dat daar ’n Federasiespan ook

teen hulle gaan speel. Ek het dit tot die laaste

proewe gemaak en was 18 jaar oud toe ek

gekies is om teen die Engelse span op

Atlone-stadion te speel.”

Noble vertel verder: “Dít was my eerste groot

oomblik. Blakes het ’n bus opgemaak vir ons

mense om die wedstryd te gaan kyk. Toe ek

daar aankom, toe sien ek hier is my ouma, my

ma en my ma se suster. Toe kom Engeland se

spelers. Jy moet weet, dis groot manne. Ons

| Stellenbosch Magazine | July Issue

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!