01.05.2013 Views

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

16

DEPARTMENT OF AGRICULTURE | DEPARTEMENT LANDBOU | ISEBE LEZOLIMA

word in sekere streke word met ander gedeel sodat almal gesensitiseer word vir moontlike hindernisse en maniere om dit te

oorkom. Hierdie selfde forum word gebruik om projekte te beplan en ‘n aksie-kontrolelys op te stel om die tydige afhandeling

van projekte te verseker.

Om dienslewering in die grondhervormings-konteks te verbeter, veral met die ontwikkeling van die LARP-benadering, is die

Provinsiale Grondhervormingskantoor (PLRO) en die Provinsiale Departement van Landbou tans besig om ‘n Memorandum

van Ooreenkoms te ontwikkel. Bestuurders binne die FSD gaan voort om die maandelikse Distrik-assesseringskomitee (DAK’s)

en die Provinsiale Subsidiekomitees (PGC’s) by te woon soos onderskeidelik aangebied deur die munisipaliteite en Department

van Grondsake. Die uitdagings was nietemin die dreigement van herbesitneming van plase deur finansiële instellings en die

feit dat “rustende vennote” binne grondhervormingsprojekte dikwels die besluit om plase te verkoop sterk beïnvloed ten einde

inkomste te genereer vir korttermyn behoeftes. ‘n Forum vir belanghebbendes, wat bestaan uit die Departement van Landbou,

die PLRO, Produktiwiteit SA en Banke, is ook gefasiliteer met die oog daarop om ‘n model te kry wat vir die Wes-Kaap sal

werk.

In sy strewe om die Millennium Ontwikkelingsdoel 1 (MDG1), wat poog om hongerte en armoede teen 2014 te verminder, te

verwesenlik, het die voedselsekerheid-subprogram baie ure bestee om te verseker dat die doel van die Wêreldvoedseldagvieringe

— wat ‘n verhoogde publieke bewustheid van die wêreldvoedselprobleem en die versterking van solidariteit in die “struggle”

teen hongerte, wanvoeding en armoede bereik is. Die gebeurtenis is met groot welslae aangebied in Murraysburg, wat beskou

word as een van die armste dorpe in die Wes-Kaap as gevolg van sy geïsoleerde ligging, werkloosheid en onderontwikkeling.

Die vieringe het gesentreer rondom die tema “Die Reg op Kos” en het op 12 Oktober 2007 plaasgevind.

As deel van die belangrikste meetbare doelwitte van die Program, is besluit dat die mentorskapprogram vir

grondhervormingsprojekte in twee dele verdeel sou word, naamlik ‘n program vir huidige voorligtingsbeamptes en ‘n handevatprogram

vir die begunstigdes van voorwaardelike subsidies en grondhervorming. Die eerste program sal geïmplementeer word

in samewerking met Gestruktureerde Landbou-opleiding, terwyl laasgenoemde in Maart 2008 in samewerking met die SA

Agri-akademie uitgevoer en voltooi is.

In samewerking met die Nasionale Departement van Landbou (DvL), het die FSD-program vier veldbeamptes na Kenia gestuur

vir opleiding in Landbouvoorligting, wat ‘n uitruilprogram tussen die Keniaanse Departement van Landbou en die Departement

van Landbou is. Die doel van die uitruilprogram is om bekwaamheid te verhoog ten einde doeltreffender ondersteuning aan

ontluikende boere te voorsien.

Die tweede ronde van NUFFIC-opleiding, soos beplan onder die CAPRI-program, is in die eerste week van Oktober 2007

aangebied. Negentien van die Program-amptenare het deelgeneem, van wie ongeveer 80% nuwe aanstellings in FSD was.

As deel van die ooreenkoms tussen die Wes-Kaap Provinsie en die Provinsie van Boergondië in Frankryk, het die Program

sewe amptenare vir twee weke gedurende Februarie 2008 na Frankryk gestuur om vaardighede in kleinsakeontwikkeling en

projekbestuur te verwerf. Die kursusse is spesiaal ontwerp ooreenkomstig die behoeftes wat vooraf deur die FSD-program

geïdentifiseer is.

Die Alkoholmisbruik-forum wat op die been gebring is na die Alkoholmisbruik-konferensie in Junie 2007, funksioneer goed en

het die Mini-dwelm-meesterplan vir die Departement gefinaliseer. Dié plan sal in die 2008/09-boekjaar met ‘n begroting van

R200 000.00 geïmplementeer word.

Onderhandelinge met Graham Beck Wines in verband met die opleiding van uitgesette plaaswerkers by die nuwe

opleidingsfasiliteit naby Robertson, is goed op pad na die mikpunt. ‘n Memorandum van Ooreenkoms tussen die Departement

en die opleidingsentrum is gefinaliseer en sal gedurende die tweede helfte van die 2008/09-boekjaar onderteken word. Die

amptelike lansering van die projek sal teen die einde van Mei 2008 aangekondig word. Hierdie projek is ook genomineer as

deel van die risiko-matriks-projekte soos vereis deur die kabinetslekgotla.

Al die streeks-Plaaswerker van die Jaar-kompetisies is suksesvol afgehandel en die finale beoordeling van die Provinsiale

Plaaswerker vir 2007 het op 10 Oktober 2007 plaasgevind. Die projek het ‘n hoogtepunt bereik in ‘n invloedryke

toekenningseremonie wat op 25 Oktober 2007 by die Techno Park Protea Hotel in Stellenbosch aangebied is. ‘n Beplanningsessie

vir die nuwe boekjaar (2008/09) wat alle belanghebbendes betrek het, het op 28 Januarie 2008 plaasgevind. Minstens tien

streke sal in die nuwe finansiële jaar aan die kompetisie deelneem. Daarbenewens het besprekings tussen die Departement van

Landbou: Wes-Kaap, SANLAM en die Nasionale Departement van Landbou in Maart 2008 plaasgevind om die moontlikheid

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!