01.05.2013 Views

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

32

DEPARTMENT OF AGRICULTURE | DEPARTEMENT LANDBOU | ISEBE LEZOLIMA

Aangeleenthede wat voortgesette aandag vereis

Om doeltreffender watergebruik deur kommersiële, sowel as kleinskaalboere in die landbousektor te bevorder.

Om die beter benutting van bestaande waterbronne, sowel as alternatiewe waterbronne, soos grondwater, te ondersoek en

om die lewensvatbaarheid van hierdie ontwikkelingsopsies te bepaal.

Om die beskerming van ons biodiversiteit en die bewaring van ons landbouhulpbronne te bevorder.

Om bewaring en volgehoue gebruik van die omgewing, veral natuurlike landbouhulpbronne deur geïntegreerde

gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuur te bevorder.

Om geskik-gekwalifiseerde en opgeleide tegniese personeel in die veld van siviele en meganiese ingenieurswese aan te stel

en te behou.

Om loopbaangeleenthede in landbou-ingenieurswese onder die aandag van leerders op skool te bring, veral in die voorheenbenadeelde

sektor van ons gemeenskap en om beurse te voorsien vir hierdie studente in die veld van siviele en meganiese

ingenieurswese.

Om geïntegreerde sentrums te skep om koöperatiewe interstaatlike bestuur in natuurlike hulpbronbestuur te fasiliteer en om ‘n

een-stop-diens vir ons kliënte te voorsien.

Om werk te skep wat armoede sal verlig en toe te sien dat die werk wat gedoen is ons natuurlike hulpbronne sal versterk

en beskerm.

Om pro-aktief die toekomstige gebruik van ons hulpbronne binne die Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsplan-raamwerk te vorm.

Om ons skaars landbouhulpbronne te beskerm teen verstedeliking en die gebruik vir ontspanningsdoeleindes.

Program 3: BOERESTEUN EN ONTWIKKELING

Doel:

Die Boeresteun en Ontwikkelingsprogram omvat die breë ontwikkelingsagenda van die Departement van Landbou wat beteken

dat die ontwerp en implementering hoofsaaklik fokus op die ondersteuning van swart boere in die Wes-Kaap, maar dit sluit nie

die kommersiële sektor uit nie. Die funksies sluit die voorsiening van voorligting in, die fasilitering van opleiding aan boere – met

spesiale klem op die ontwikkeling van ontluikende boere, die implementering van grondhervormingsprogramme en landelike

landbou-ontwikkelingsprojekte.

Strategiese doelwitte:

STRATEGIESE DOELWIT 1: BOEREVESTIGING

Om opleiding te voorsien en die implementering van die Grondhervormingsprogram vir Begunstigdes te koördineer, met

inbegrip van die administrasie, bestuur en beskikking van Landboustaatsgrond.

STRATEGIESE DOELWIT 2: BOERESTEUNDIENSTE

Om boere te ondersteun en te versterk om optimaal te produseer deur die voorsiening van voorligting- en adviesdienste, die

fasilitering van opleiding aan kommersiële en ontluikende boere, die koördinering van landelike landbou-ontwikkelingsprojekte,

sowel as die fasilitering van organisatoriese ontwikkeling en kapasiteitsbou van boeregroepe

STRATEGIC DOELWIT 3: VOEDSELSEKERHEID

Om voedselsekerheid te versterk deur die koördinering en implementering van verskeie voedselsekerheidsprojekte soos

uitgelig en goedgekeur in die Geïntegreerde Voedselsekerheidstrategie van Suid-Afrika.

STRATEGIESE DOELWIT 4: CASIDRA

Om te fokus op landbou- en ekonomiese ontwikkeling binne ‘n landelike en grondhervormingskonteks.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!