01.05.2013 Views

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2007 | 2008 ANNUAL REPORT | JAARVERSLAG | INGEXOLO YONYAKA

Uitdaging 4:

Verhoogde monitering van uitvoer en plaaslike mark-abattoirs en ingevoerde produkte: Mikrobiologiese monsters om

plaaslike mark-abattoirs te monitor.

Reaksie op uitdaging 4:

Weens beperkte menslike hulpbronne in die subprogram wat veeartsenykunde openbare gesondheid hanteer en die

dringendheid om uitvoerfasiliteite te hanteer, is die monitering van plaaslike abattoirs nie getoets in die mate wat verwag

is nie. Aangesien hierdie situasie waarskynlik vir die volgende een of twee jaar sal voortduur, is dit nodig dat die beplande

produksie in hierdie verband afgeskaal word na ongeveer 1 000 monsters per jaar.

Uitdaging 5:

Skep die laboratoriumruimte en voorsien die hulpbronne om PRC-prosedures uit te voer. Kalibreer toerusting en neem deel

aan inter-laboratorium-toetsing.

Reaksie op uitdaging 5:

Die tegnoloog wat in die PRC-afdeling aangestel is, is oorgeplaas vanaf die bio-chemie-afdeling. Met ‘n aanstelling wat

buite die laboratorium gemaak moes word, is die tegnoloog betrek in die opleiding van die nuut-benoemde en het ook

bio-chemiese prosedures uitgevoer. As gevolg hiervan is slegs enkele van die doelwitte vir die PCR-afdeling bereik. Die

inter-laboratorium-toetsing sal gedurende die 2008/09-verslagjaar gedoen word.

Uitdaging 6:

Verskeie noodsaaklike poste is nie gevul soos beplan nie weens die vertraging in werkstudie-uitkoms en die feit daar

gevolglik geen begrotings-toekennings gedoen is vir 2007/08 nie.

Reaksie op uitdaging 6:

Werkstudie goedgekeur gedurende Januarie 2008. R6 miljoen-verhoging in die begroting vir Veeartsenykunde-dienste ten

einde die mees kritieke poste te vul.

Uitdaging 7:

Sommige van die beplande uitkomste vir die uitbreiding van voedselsekerheid-dienslewering aan voorheen-benadeelde

gemeenskappe kon weens die gebrek aan personeel nie voltooi word nie.

Reaksie op uitdaging 7:

Werkstudie goedgekeur gedurende Januarie 2008. R6 miljoen-verhoging in die begroting vir Veeartsenykunde-dienste ten

einde die mees kritieke poste te vul.

Aangeleenthede wat voortgesette aandag vereis

Die gebrek aan Afrika-, Indiër en kleurling studente wat tans aan die Fakulteit van Veeartsenykunde by Onderstepoort studeer,

bly ‘n probleem. Die werwing van gegradueerde veeartse in die aangewese groepe word gevolglik feitlik onmoontlik. Langtermyn

oplossings, wat begin met die kies van die korrekte vakke deur graad 9-leerders, sal gevind moet word om hierdie dilemma aan

te spreek. Dit word bevestig deur die feit dat 8 van die huidige 9 Departementele beurshouers wat veeartsenykunde studeer,

wit is.

Program 5: TEGNOLOGIE-NAVORSING EN ONTWIKKELINGSDIENSTE

Doel:

Die mandaat van die Program Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling is om ‘n landbounavorsingsdiens te lewer en inligtingsisteme

te ontwikkel met betrekking tot gewasproduksie-tegnologie, diere-produksie-tegnologie en hulpbronbenutting-tegnologie.

Strategiese doelwitte:

• Om provinsiaal-spesifieke en relevante navorsing te fasiliteer, te lei en te koördineer, landbou-navorsingsbehoeftes

te identifiseer, toepaslike tegnologie te ontwikkel/aan te pas of oor te dra aan boere en om deel te neem aan multi-

dissiplinêre landbou-ontwikkelingsprojekte ten einde landbou-produsente in staat te stel om volhoubaar te kompeteer in

die wêreldekonomie.

• Om die ontwikkeling en verspreiding van inligting aan kliënte te koördineer, met inbegrip van die ontwikkeling en benutting

van verskeie inligtingsisteme.

• Om infrastruktuur en fasiliteite op navorsingsplase te voorsien en in stand te hou sodat die lynfunksies hulle navorsing en

ander verwante funksies kan uitvoer.

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!