01.05.2013 Views

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

68

DEPARTMENT OF AGRICULTURE | DEPARTEMENT LANDBOU | ISEBE LEZOLIMA

VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL AAN DIE WES-KAAP PROVINSIALE PARLEMENT OOR DIE

FINANSIËLE STATE EN PRESTASIE-INLIGTING VAN BEWILLIGING 11: DEPARTEMENT VAN LANDBOU VIR DIE

JAAR GEËINDIG 31 MAART 2008

VERSLAG OOR DIE FINANSIËLE STATE

Inleiding

1. Ek het die bygaande finansiële state van die Departement van Landbou geoudit. Dit het bestaan uit die toewysingstaat, die

staat wat die finansiële posisie aandui soos op 31 Maart 2008, die staat van finansiële prestasie, die staat van veranderinge

in netto bates en die kontantvloeistaat vir die jaar toe geëindig. ’n opsomming van belangrike rekenkundige beleide en

ander verduidelikende notas, en die rekenpligtige beampte se verslag, soos uiteengesit op bladsye 55 tot 115.

Verantwoordelikheid van die rekenpligtige beampte vir die finansiële state

2. Die rekenpligtige beampte is verantwoordelik vir die voorbereiding en billike voorlegging van hierdie finansiële state

ooreenkomstig die gewysigde kontantbasis van rekeningkunde soos bepaal deur die Nasionale Tesourie, soos uiteengesit

in rekeningkundige beleid 1.1 en op die wyse vereis deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van

1999) (WOFB) en die “Division of Revenue Act”, 2007 (Wet No. 1 DoRA)). Hierdie verantwoordelikheid sluit die volgende in:

• die ontwerp, implementering en handhawing van interne beheer relevant in die voorbereiding en billike voorlegging van

finansiële state wat vry is van wesenlike wanvoorstelling, hetsy weens bedrog of fout

• die seleksie en toepassing van toepaslike rekenkundige beleide

• die maak van rekenkundige beramings wat billik is onder die omstandighede.

Verantwoordelikheid van die Ouditeur-generaal

3. Soos vereis deur seksie 188 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, gelees saam met seksie 4 van die

Wet op Openbare Oudit (Wet No. 25 van 2004) (WOO) en seksie 40(2) van die WOFB, is dit my verantwoordelikheid om

my uitspraak, gebaseer op my oudit, te lewer oor hierdie finansiële state.

4. Ek het my oudit uitgevoer ooreenkomstig die Internasionale Standaarde vir Oudit en Algemene Kennisgewing 616 van

2008, uitgereik in die Staatskoerant No. 31057 van Mei 2008. Daardie standaarde eis dat ek etiese vereistes nakom en die

oudit beplan en uitvoer om redelike sekerheid te verkry dat die state vry is van wesenlike wanvoorstelling.

5. ’n Oudit behels die uitvoer van prosedures om bewyse in te win oor die bedrae en openbaarmakings in die finansiële

state. Die prosedure wat geselekteer word, hang af van die oordeel van die ouditeur, met inbegrip van die assessering van

die risiko’s van wesenlike wanvoorstelling van die finansiële state, hetsy weens bedrog of fout. In die assessering van hierdie

risiko’s oorweeg die ouditeur interne beheer relevant tot die entiteit se voorbereiding en billike voorlegging van die finansiële

state ten einde ouditprosedures te ontwerp wat geskik is vir die omstandighede, maar nie met die doel om ’n opinie oor

die doeltreffendheid van die entiteit se interne beheer nie uit te spreek nie.

6. ’n Oudit behels ook die evaluering van die:

• toepaslikheid van rekenkundige beleide gebruik

• billikheid van rekenkundige beramings gemaak deur bestuur

• algehele voorlegging van die finansiële state

7. Ek glo dat die ouditbewyse wat ek verkry het, voldoende en toepaslik is om as grondslag te dien vir my uitspraak oor

die oudit.

Basis van rekeningkunde

8. Die departement se beleid is om finansiële state voor te berei volgens die gewysigde kontantbasis van rekeningkunde

bepaal deur die Nasionale Tesourie soos uiteengesit in rekeningkundige beleid 1.1.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!