01.05.2013 Views

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

Departement van Landbou - Department of Agriculture: Western Cape

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Spesifieke uitdagings en reaksies

2007 | 2008 ANNUAL REPORT | JAARVERSLAG | INGEXOLO YONYAKA

Uit die bostaande statistiek mag dit lyk asof Ingenieursdienste sukkel om sy gestelde doelwitte te bereik aangesien die

subprogram onderprestasie aanteken in die meeste van die meetbare doelwitte. Die werklikheid is dat hierdie dienste aanvraaggedrewe

is en dat die huidige droogte en vloede die vraag vir dienste laat afneem het. Al die versoeke vir ingenieursdienste en

tegnologie-oorplasings is hanteer ten spyte van die addisionele werklas opgelê deur vloed-herstel- en rehabilitasie-werk.

Die vertragings in die verkryging van waterlisensies vir ontluikende boere-projekte by die Departement van Watersake bly ‘n

uitdaging, maar strem nie tans werkverrigting nie. Die rede hiervoor is dat ons meer versoeke vir water-infrastruktuur het as

wat ons kan akkommodeer binne die baie beperkte infrastruktuur-begroting, en wanneer vertragings met die verkryging van

waterlisensies voorkom, word die fondse oorgeplaas na ongefundeerde projekte waarvoor waterlisensies nie vereis word nie,

wat dan geïmplementeer word.

Hierdie uitdaging ontvang egter voortgesette aandag deur vergaderings met DWAF-personeel asook deur die

Koördineringskomitee vir Landbou-water (CCAW).

Die Program is ook onder druk weens die gebrek aan kapasiteit in ingenieurspersoneel (ingenieurs en tegnici) en dit bly ‘n

uitdaging. Die stappe wat gedoen is om hierdie probleem te verlig, is ‘n bewustheidsveldtog wat onder leerders en studente

geloods is om die aandag te vestig op loopbaangeleenthede in die landbou (as deel van die Water Wise- en Biodiversiteitsveldtog),

die beursskema wat geïmplementeer is en die geleentheid wat ons bied aan ingenieurstudente om hulle prakties binne die

program te doen.

Die Departement het sy teiken vir die aantal boerderyplanne goedgekeur vir boerdery-doeleindes (940 vs. die teiken van 250)

onder die LandCare-subprogram beduidend oorskry. Die rede vir hierdie dramatiese toename is die geleentheid wat gebruik is

om boerderyplanne op datum te bring op dieselfde tyd as wat die verifikasies vir die 2006-Eden-vloed gedoen is.

Die toename in die aantal LandCare-projekte wat geïmplementeer is, is te danke aan die toewysing van billikheidsdeelfondse

aan hierdie projekte bykomend tot die subsidie wat ontvang is van die Nasionale Departement van Landbou. Dit het ook gelei

tot die toename in die aantal persoonsdae werk wat verskaf is. Op dieselfde manier is die aantal Junior LandCare-kampe

vermeerder met eie befondsing.

Rampbestuur, spesifiek met betrekking tot die 2006- en 2007-Edenvloede, sowel as die Sentraal-Karoo-droogte bly ‘n

uitdaging vir die program, Volhoubare Hulpbronbestuur.

Uitdaging 1:

Beperkte waterbronne is besig om ‘n oorlewings-uitdaging te word, veral in die lig van uitdagings weens klimaatsveranderinge

en die natuurrampe wat deur hierdie verandering veroorsaak word.

Reaksie op uitdaging 1:

Navorsing oor die doeltreffende en bevoegde gebruik van landbou-water, sowel as alternatiewe bronne bly ‘n deurlopende

projek. Vyfhonderd en vyftig (550) aansoeke vir vloed-verligting van plase in die Eden-, Sentraal-Karoo- en Overberg-streke

is geprosesseer.

Uitdaging 2:

Waterbewaring.

Reaksie op uitdaging 2:

Implementering van projekte wat waterbesparing bevorder, werk skep, biodiversiteit verhoog en finansiële en maatskaplike

vennootskappe verbeter.

Uitdaging 3:

Implementering van infrastruktuur en LandCare-projekte sowel as die voorsiening van tegniese ondersteuning vir

CASP-projekte.

Reaksie op uitdaging 3:

Optimale gebruik van beperkte tegniese personeel en die skep van vennootskappe met ander programme binne die

Departement en diensverskaffers buite die Departement. ‘n Toename in LandCare-projekte en ‘n afname in Bewaring (Wet

43 van 1983) en Uitgestrekte area-beplanningsprojekte, weens ‘n kleiner aanvraag vir projekte te wyte aan droogte- en

vloedrampe in die Provinsie.

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!