01.05.2013 Views

1/2013 - Hoërskool Menlopark

1/2013 - Hoërskool Menlopark

1/2013 - Hoërskool Menlopark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Liewe Ouers

Ek het al gewonder of dit in die lug is of in die water en of die kiewiet-gesin wat op die astro

dans, dit dalk aanpor: die absolute Menlo-energie en warmte en entoesiasme wat jou omring

en oorrompel, sommer vanaf dag een. Herman Charles Bosman vertel van die joubabessie

wat jong mans in meisies se koffie gooi en hulle só betower om op hulle verlief te laat raak,

en dan wil-wil jy ook so soek na so ‘n Menlo-joubabessie wat dié betowering laat plaasvind.

Loer jy in by die gr 8-spanbou en sien jy hoe Matriekraad speel met gr 8’s, begin jy dalk

bietjie verstaan, maar sien jy by die gr 8-gala hoe Matriekraad-seuns en -meisies spontaan

inspring om gr 8’ies aan te por om die 50m klaar te maak, besef mens maklik dis nie die

jouba-bessie nie, maar die Menlo-hartklop wat lewendig pols in ons skool. Die hartklop por

almal aan om vrolik deel te wees van ‘n magiese Menlo-span.

Die Menlo-jaar, die vyftigste Menlo-jaar, het op ‘n absolut asembenemende hoë noot

weggetrek! Ons matriekuitslae was ‘n asemlose moment, ons nuwe hoof wat met innigheid

en entoesiasme ons skool omarm en dan ons heerlike terugkeer van ons hele Menlo-gesin

van vakansie, maak ons reg vir ‘n onvergeetlike, onoortreflike jaar! Twee hoogtepunte wat

verwoord wat ons in die eerste week beleef, kom van een van ons gr 8’ies se BBM-profiel:

“BLY KALM en wees TROTS MENLO”.

En dan kom die sms van ‘n gr 8-mamma wat verwoord wat ons

Menlo-manier is en wat in ‘n japtrap die Menlo-leefwyse word:

“Die gees van Menlopark is so awesome, jy kan daaraan raak. As

jy nie saamsing en-skree nie is dit nie cool nie en dan is jy uit!

Wow, wow, wow! Julle kook!”

En tydens die eerste Saalopening trek die GEES en opwinding

van INTERHUIS op die horison los en die groen, blou, geel en

rooi laat golwe vrolikheid deur die skool basuin. Oral waar jy

beweeg, hoor jy: “Juffrou, ons kan nie wag vir Vrydag nie!” Dís die

Menlo- manier, absolut ondernemingsgees!

‘n Warm welkom aan ons nuwe gr 8-ouers en nuwe leerders en ouers: mag elke nuwe

Parkie sy voete in ‘n japtrap vind en elke nuwe Menlo-moment aanpak met die absolute wete

dat Menlo se deur ‘n oop deur is: ons gesels graag en help absolut graag om elkeen

gemaklik op koers te hou!

Dis nie die joebabessie nie, maar die Menlo-leefwyse wat ons Menlo-gesin tot ‘n hegte

eenheid bind. Ons is ‘n gesin waarin elkeen uniek is, waar ons soms foute maak en dan

jammer sê, waar ons altyd tweede kanse gee, die skoollewe geniet, drukkies gee, mekaar

vergewe, dinge voluit en met entoesiasme aanpak en geduldig is . . . want ons gee om vir

mekaar en vir ons skool!

ABSOLUT 2013! Absolut Menlo! Bly kalm en geniet Menlo!

Annieka Moolman

Adjunkhoof: Bemarking en Skakeling

18/1

INTERHUIS 13:00

25/1

Atletiek (weg)

26/1

Parkieraadkamp

2/2

26ste jaarlikse

uitnodigingsbyeenkoms

met Oud-onderwysersfunksie

11:00 RugbyklubhuisOud-Springbok-atletefunksie

9/2

Menlo-Koor sing saam

met Nadine in die

Atterbury Teater.

14/2

Prestige Kultuuraand

Absolut welkom mnr Reynders!

Ons het op vrolike noot ons nuwe hoof, mnr Schalk Reynders, ontvang en begin inburger! Hou ‘n oog oop vir hom by

die Menlo-aktiwiteite en kom skud sy hand! Hy hou van Menlo-mense en gesels graag saam Menlo terwyl hy ons skool

leer ken! Hy het reeds Desember-vakansie by ons atletiekseekamp gaan inloer en harte begin wen deur sy opregte

belangstelling.

By die Menlo-Interhuis sal die Beheerliggaam tydens die aandete hom ook formeel voor ouers,oud-leerders en Menloleerders

verwelkom en almal is welkom om te kom hand skud!

Ons 4 toppresteerders

met 3 topprestasies was:

André Swanepoel

met ‘n gemiddeld van 95,1 % en

9A’s

Liezl Ferreira

met ’n gemiddeld van 94% en

8A’s

Isabella Claassens

met ’n gemiddeld van 92,3% en 7

A’s

Lizelle Serfontein

ook met ‘n gemiddeld van 92,3%

met 7 A’s

Baie geluk aan:

10 A’s = 1:

Gerald van Eeden

9 A’S = 7:

Andre Swanepoel, Lynette Boshoff, Mariska Karsten ,

Elani Meyer, Nicola Snyders, Bernard Swart

en Rozelle van der Sande

8A’s = 9:

Liezl Ferreira, Jaco Botma, Bianca Brandt,

Lize Meyer, Marilee Ohlhoff , Carmen Seesink,

Lenke van Aarde, Izelle Verster en Hulda Viljoen

7A’s = 21:

Kritz de Wet, Bernard Botha, Isabella Claassens,

Marisa Coetzer, Leandri Crouse, Maretha de Klerk,

Surina Dippenaar , Simoné Du Toit, Karli Frenz,

Friedrich Grosskopf , Wilhelm Grosskopf , Angelique Gresse,

Louise Human, Sugnet J v Rensburg, Lara Matzner,

Carien Papenfus , Nadia Schönfeldt, Lizelle Serfontein,

Lindi van der Merwe, Chris van Tonder, Marline le Roux.

6A’s = 17:

Nicola Coetzee, Liza-Marie Lombard, Inge de Waal,

Charel Du Plessis, Rami Evans, Louise Grobler,

Helena Jacobs, Leané Kock, Maxi Kriek,

Stephane Marais, Marné Meyer, Cara Pistorius ,

Jandrei Strauss, Carla Swanepoel, Nico van der Dussen,

Dewald Vlok en Marike Wibbelink

5 A’s = 15, 4 A’s = 16, 3 A’s = 36, 2 A’s = 32 en 1 A= 39

Ons vakke skitter sonder weerga en ons personeel verdien ‘n

besondere dankie:

AFRIKAANS 103 A’s 75% gem, ENGLISH HL 33A’s en 80%gem ,

ENGLISH 64A;s en 74%, WISKUNDE 58A’s en 70%,

WISKUNDE GEL 12A’s en 70%, LO 174A’s en 80%,

BESIGHEIDST 19’s en 62%, DRAMA 7A’s en 74% ,

DUITS 11A’s en 81%, EKONOMIE 10 A’s en 66%,

FW 47 A’s en 72%, FRANS 11 A’s en 74%,

GASVRYHEID 4 A’ en 64%, GEOGRAFIE 8 A’s en 69%,

GESKIEDENIS 7 A’s en 70%, IT 5 A’s en 74% en

IGO 14 A’s en 72% , LW 33A’s en 74%,

MEG. TEG. 1A en 61%, MUSIEK 3(100% van klas) en 85%,

RTT 7A’s en 65%, REK 47 A’s en 79%,

TOERISME 8A’s en 69%, KUNS 22A’s en 84%,

ALPHA WISK 13A’s en 72% en ONTWERP 9A’s en 90% .

Absolut asembenemend!

Absolut Menlo word absolut 50 en ons vier die hele jaar lank fees!

Ons deel hier elke week feesgeleenthede se inligting :

50-jaar-BLOG

Moet nie die 50-jaar blog misloop nie waar alles en nog uit die geskiedenis

gedeel kan word en Menlo-mense saam kan gesels en staaltjies deel.

Februarie: Skoolverjaarsdag

soos net Menlo-kinders dit kan saam met ons mnr. Manie vier.

2 Februarie: Oud-onderwysers-funksie

Alle oud-onderwysers kan meer uitvind oor die funksie wat plaasvind

tydens ons 26ste jaarlikse Atletiekuitnodigings-byeenkoms op 2 Februarie om 11:00 in die Rugbyklubhuis deur Rista

de Beer in ons Alumni-kantoor of me Esmé Claassen by info@menlopark.co.za te kontak. As u weet van oudonderwysers

gee asseblief ook aan hulle die inligting deur.

7 September 2013: Menlofees

Die hoogtepunt van ons feesvieringe gebeur op 7 September 2013. As u nog nie die datum in die dagboek het nie,

teken dadelik aan. Parkies, oud-Parkies, Parkie-ouers en Parkie-vriende kom van oor die hele wêreld na die Menlorugbyveld

vir hande vat en harte deel rondom ons absolut besondere skool!

Dit wil voorkom asof AFRIKAANS IS GROOT ook hierdie tyd vrolik verkeer, maak asb. seker u koop u AFRIKAANS IS

GROOT kaartjies vir die datums voor of na die 7de, want die MENLOFEES kan absolut geeneen misloop nie.

Menlo-Insig/Nuusbrief

Die weeklikse nuusbrief verskyn op ‘n Donderdag. Alle

nuus moet die redaksie teen Maandae 14:00 bereik.

Ouers is welkom om prestasies aan te meld. Verskaf

asb. so ver moontlik ‘n foto van 1MB. Alle nuus kan

deurgestuur word na info@menlopark.co.za. ‘n

Elektroniese weergawe van die nuusbrief word op die

webblad gelaai. U kan ook op die webblad se tuisblad

registreer om hierdie nuusbrief weekliks te ontvang.

Foto’s! Foto’s! Foto’s

Vanjaar wil ons graag alle ouers en leerders uitnooi om

van hulle foto’s wat by skool-aangeleenthede geneem

word, aan die skool te e-pos. Gebruik asb.

info@menlopark.co.za. Deel asb die mooiste mooi

Menlo-momente vir publikasie in die Insig, op die

webblad en in die Jaarblad!

Menlo-Webblad

Alle ouers word genooi om deel

te wees van hierdie omgeegroep.

Ons doen voorbidding

by die skool vir die skool op

Donderdae vanaf 07:40 in die

konferensiekamer by ontvangs.

Indien ouers nié Donderdae

daar kan wees nie, kan julle

gebedsversoeke per e-pos

stuur na

ansievonm@telkomsa.net.

Ouers op hul knieë, hou ‘n skool

op sy voete!

Vers vir die week: Joh. 1: 1 – 2

„In die begin as die Woord en

die Woord was by God en die

Woord was God. Hy was in die

begin by God.“

Ons webblad, www.menlopark.co.za, het alle inligting wat u benodig. Alle aflaaibare dokumente vind u onder

“aflaaibaar”- wees MENLO web-aktief en hou frustrasies min! Gebruik die soek-funksie vir vinnige vind van inligting.

Welkom

Kommunikeerder

Ons gaan binnekort vir u geleentheid bied om die kommunikeerder af te laai op u

rekenaar wat soos ‘n daaglikse kalender sal funksioneer. Om hierdie rede laai ons

nie vanjaar die skoolkalender op die webblad nie - die kommunikeerder vervang

die kalender.

Skoolgeld 2013 - Elektroniese Inbetalings:

Ons versoek u om die volgende in ag te neem wanneer u internetbetalings maak:

Verwysing op begunstigde se bankstaat (die skool is die begunstigde in die

geval): Voorbeeld: as u iets anders behalwe skoolfonds betaal:

VERWYSING OP BEGUNSTIGDE BANKSTAAT:

D FOURIE Hokkietoer, of H J V RENSBURG Metaalwerk

Indien u skoolfonds betaal, mag u slegs u skoolfonds verwysingsnommer gebruik

(nommer verskyn regs bo op rekeningstaat). Voorbeeld:

Verwysing op skool bankstaat:

DPL009 VNI001 GRO010

Faks bewys na: 012 348 6827 of e-pos mariana.duplooy@menlopark.co.za

Bankbesonderhede:

Rekeninghouer: Die Hoërskool Menlopark

Bank: Nedbank Business Pretoria

Takkode: 149745 (Vanaf Standard Bank en ENB: 198 765)

Rekeningnommer:149 712 4069

Debietordervorms sal via u kind se voogklas aan u versprei word!

Die skool beskik ook oor ‘n kaartfasiliteit.

Klerebank

Klerebank-klere is tweedehandse klere. Nuwe klere is beskikbaar by die

verskaffers en Absolut Menlo T-hemde word in die voogklasse bestel en betaal.

Klerebanktye:

Dinsdae 12:30 -13:45 en Vrydag 08:00 of skakel die skool vir afspraak.

Busvervoer

Munisipale busroetes: 012- 3580840/1/2/3 kyk ook op ons webblad onder

algemene inligting vir alternatiewe vervoermoontlikhede.

Sekuriteit

Ons herinner u graag aan die sekuriteitsmaatreëls in plek vir Die Hoërskool

Menlopark.

Vir die sekuriteit van personeel en leerders sal alle hekke rondom die skool

gesluit wees, met slegs beperkte toegang deur die hoofhek by ontvangs en by

die Rosemaryweg-hek. Die hoofhek word om 14:15 weeksdae gesluit en dan is

Rosemaryweg die enigste punt van toegang tot die skool. Die gebruik van

outomaties beheerde hekke word beperk tot gemagtigde persone. Leerders

moet verkieslik binne die skoolgronde op hulle ouers wag. Daar is ʼn spesifieke

area daarvoor aangebring met ʼn dakkie in geval van reën. As u ʼn graad 8’ie se

Net so

Welkom

Me Ena Swart

Vakhoof:

Lewensoriëntering

Me Hildegard

Enslin

Duits: Gr 10-12

Me Yolanda

Swanepoel

NW

Me Michelle Stoltz

Gasvryheidstudie

ouer of voog is, help asseblief om by hulle in te skerp dat hulle hulle besittings

moet oppas en dit nie oral moet laat rondlê nie! Hulle is geneig om ʼn beursie

by skoene en ʼn selfoon op die stoepe te laat lê. Daar is ʼn verskeidenheid

projekte op die terrein aan die gang en kontrakteurs van buite beweeg in en uit

op die terrein en daarom verskerp ons almal se algemene “naby jou goed, ver

van jou skade”-benadering.

Medikasie by die skool

Soms word kinders siek by die skool met hoofpyn of maagpyn, of hulle word

deur ʼn by gesteek. Ons liewe kantoortannies het baie simpatie daarmee, en

ook met ouers wat by die werk is en nie altyd beskikbaar of naby is om vir

kinders medikasie skool toe te bring of siek kinders te kom haal nie.

Ongelukkig mag die skool (in opdrag van die Gauteng Departement van

Onderwys) GEEN medikasie aan leerders gee nie (nie eens ʼn Panado nie).

Ons mag ook nie antihistamien-medikasie soos Allergex of Celestamine gee

nie, aangesien daar wel mense is wat vir hierdie medikasie allergies is en dit

dalk self nie weet nie.

Indien u dus weet dat u kind vir bysteek ens. allergies is, maak asb. seker dat

hy of sy medikasie byderhand het, of stuur dit kantoor toe in ʼn koevert met sy

naam op. As hy of sy met maagpyn of hoofpyn skool toe kom, is u ook baie

welkom om ʼn koevert met medikasie by die kantoor af te gee ingeval u kind dit

deur die dag sou nodig kry.

As u kind enige mediese toestand het waarvan die skool moet kennis neem,

stuur asb vir ons ‘n e-pos met die nodige inligting sodat ons dit onder die

graadvoog en kantoor se aandag kan bring!

SKOOLTYE

Die Hoërskool Menlopark se dag begin stiptelik om 07:30 en ons skool sluit

Maandag tot Vrydag 14:00.

Werkplan 2013

Elke leerder ontvang die skool se dagboek, die WERKPLAN, met die

toetsrooster en daaglikse aktiwiteite. Baie dankie aan Wolter Steenkamp vir die

ontwerp van die matriekwerkplan se buiteblad en vir die ontwerp van die gr 8-

11 werkplan se buiteblad.

Personeel

Armsvol Menlo-drukkies van welkom aan ‘n handvol nuwe personeel:

Baie geluk aan mnr De Wet Du Buson wat in die huwelik getree het.

Baie geluk ook aan ons personeel wie se kinders in die matriekeksamen

geskitter het:

Me Amelia Claassen se Isabella het 7 A’s, mnr Henk Smit se Jan-Paul het 5

A’s asook me Annaleen van der Bergh se seun Gerrit. Mnr Sias Conradie se

seun, Marnus, het 4 A’s en mnr Nico Erasmus se dogter, Adele, het 1 A. Mnr

Louwie Viljoen se dogter, Engela, het ook met trots die jaar afgesluit. Hulle was

ook een en almal trots Menlo!

Interhuis 18/1 13:00

Erekleure en Kleure: musiek en drama

Alle uitslae van 2012 moet asseblief via epos

na me Van Papendorp gestuur word

voor of op Vrydag 1 Feb.Haar e-posadres

is jvp@telkomsa.net.Die toekennings word

oorhandig op die prestige kultuuraand:

Prestige Kultuuraand

Donderdag 14 Februarie

Ons verwelkom ook graag by die besonderse byeenkoms op ons

skoolkalender waar al die Menlo-mense (oud en jonk) saam is, ons nuwe hoof,

mnr Schalk Reynders en sy vrou, Reneé. Die Beheerliggaam sal ‘n kort

verwelkoming hanteer.

Braaigeriewe sal beskikbaar wees! Ouers wat daarvan gebruik wil maak,is

welkom! Kom kuier saam! Hier kuier Menlo-mense graag saam!

Interhuis-uitslae 15 Januarie 2013

Seuns-afdeling: Dogters-afdeling:

ATHENERS 538 ATHENERS 522

SPARTANE 364 TROJANE 459

TROJANE 351 SPARTANE 373

MILETE 237 MILETE 198

Spantotale:

ATHENERS 1060, TROJANE 810,

SPARTANE 737, MILETE 435

Absolut Atherners!

Baie geluk aan die volgende swemmers wat formidabele rekords laat spat het:

Lizanne Viljoen (o/14)- 4, Reine Opperman (o/16) -1, Marcé Loubser (o/17)-5,

Bryan Gray (o/17)- 4, Leanne v d Merwe (o/19) - 1 en Petrie Vosloo (0/19)- 1.

Baie geluk aan ons:

Junior Victrix Ludorum: Lizanne Viljoen (o/14)

Junior Victor Ludorum: Martin du Toit (o/15)

Senior Victrix Ludorum: Marcé Loubser (o/17)

Senior Victor Ludorum: Bryan Gray (o/17)

Absolut asembenemend!

Nogmaals

Welkom

Me Sonja Punt

MSW

Mnr Werner Smit

Duits: Gr 8-9

Me Marina

Haesenjager

Wiskunde

Menlo o/15 A vs Eldoraigne o/15 A

Menlo 211/6 (Willem Britz 56*, Eduard Venter 50)

Eldoraigne 114 almal uit (Eduard Venter 4/16, Willem Britz 4/13)

Menlo wen met 97 lopies

Menlo 2de XI vs Eldoraigne 1ste XI

Eldoraigne 163 almal uit (JR Vosloo 3/40)

Menlo 164/4 (Louis Venter 49*, Willem Hofmeyr 48)

Menlo wen met 6 paaltjies

Menlo 1ste XI vs Parktown Boys’ High 1ste XI

Menlo 229 almal uit (Jandre Erasmus 55, Robert Cater 95)

Parktown 154 almal uit (Conrad de Jager 2/13)

Menlo wen met 75 lopies

Menlo 1ste XI vs Nelspruit 1ste XI

Menlo 243/9 verklaar (Dean Foxcroft 83, Abrie Smit 45)

Nelspruit 115 almal uit (Jandre Erasmus 3/14)

Menlo wen met 128 lopies

Menlo 1ste XI vs Northwood 1ste XI (20/20)

Menlo 132/9 (Pippie Kemm 24)

Northwood 119/9 (Conrad de Jager 3/8)

Menlo wen met 13 lopies

Menlo 1ste XI vs St. Andrews (Grahamstad) 1ste XI

Menlo 196/8 verklaar (Abrie Smit 80)

St. Andrews 191/6

Wedstryd eindig onbeslis

Menlo 1ste XI vs Kingswood 1ste XI

Menlo 212 almal uit (Robert Cater 70, Willem de Vos 75)

Kingswood 213/8 (Conrad de Jager 3/54)

Kingswood wen met 2 paaltjies

Menlo 1ste XI vs Hudson Park 1ste XI (40 beurte)

Hudson Park 187/8

Menlopark 188/3 (Louis Storm 70, Robert Cater 54)

Menlo wen met 7 paaltjies

Kontak my vir 'n GRATIS 15 min konsultasie

MARINDA WILLEMSE

Menlopark Kliniek

072 961 3246

012 346 8314

Master Maths Wiskunde

klasse. Naby die skool.

Kontak Ann by

082 702 1118.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!