01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6

Hoofstuk 1: Oriënterende inleiding

In die Hersiene Nasionale Kurrikulum (HNKV) (Republic of South Africa (e),

2002:17) word die sosiale, emosionele en fisiese behoeftes van leerders in

die ontwerp en ontwikkeling van leerprogramme aangespreek. Die HNKV

poog dat al die vakverklarings die beginsels en praktyke van regverdigheid,

respek vir die omgewing en menseregte, soos dit in die Grondwet voorkom,

reflekteer. So byvoorbeeld word die rol van dwelms, seksuele teistering en

geweld aangespreek sodat leerders bemagtig kan word om sulke situasies te

hanteer.

In die Witskrif vir Spesiale Onderwys (Republic of South Africa (f), 2006:16) is

daar riglyne wat kindermishandeling en verwaarlosing aanspreek.

Die Nasionale Beleid op die bestuur van dwelmmisbruik deur leerders en

onderwysers in openbare skole, gee riglyne oor hoe om

dwelmmisbruiksituasies te hanteer (Department of Social Development,

2006:29).

Riglyne aan beheerliggame om deur middel van ‟n gedragskode vir skole die

waarborg vir nie-geweld, asook vryheid en sekuriteit aan leerders te verseker

(ELRC, 2003:B-37).

Signposts for Safe Schools. Die dokument is opgestel as ʼn gesamentlike

projek van die Nasionale Departement van Onderwys en die Departement

van Veiligheid en Sekuriteit (Signposts for Safe Schools, 2002:1). Die doel

van dié dokument was om riglyne aan skole te verskaf ten opsigte van sake

wat ʼn impak op die veiligheid van skole het. ʼn Verdere doel van die dokument

was om skole van riglyne te voorsien om spesifieke maatskaplike sake aan te

spreek. Daar is veral gefokus om die impak en die doeltreffendheid van

skoolbestuur, geweldvoorkomingprogramme, projekte en veldtogte oor

skoolveiligheid, te verbeter. Die dokument spreek ook sake soos afknouery,

bendes, rassisme, wapens, werkversuim, toordery, kindermishandeling, MIV

en VIGS, spanning, selfmoord en dwelmmisbruik aan (Signposts for Safe

Schools, 2002:2).

Uit bogenoemde blyk dit dat die Nasionale en Provinsiale Onderwysdepartemente

wel beleidsdokumente in plek het vir die beskerming van leerders en die voorkoming

van geweld in skole. In geen van die bogenoemde dokumente is daar egter enige

bewyse van assesseringsdokumente vir die meet van geweld of om die effektiwiteit

van die beleidsdokumente in die skole te bepaal nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!