01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1.7.1 Toestemming en vrywillige deelname

14

Hoofstuk 1: Oriënterende inleiding

Die toepaslikheid van die beginsel van toestemming moet alreeds in die aanvanklike

stadium van die navorsingsprojek sigbaar wees (Cohen et al., 2003:53). In dié

verband is ʼn ondersteunings- en motiveringsbrief van die Universiteit van die

Vrystaat by die aansoekbrief aan die Oos-Kaapse Onderwysdepartement en skole

aangeheg (Addendum E). In die brief is daar ʼn kort uiteensetting gegee oor wat die

navorsing behels, waarom die navorsing gedoen word, asook watter moontlike

betekenis dit vir die Onderwysdepartement en skole kan hê. In die brief is daar ook

melding gemaak van die feit dat deelname op ʼn vrywillige basis geskied en dat

privaatheid, vertroulikheid en anonimiteit gerespekteer word.

Wat die persoonlike onderhoude betref word daar aan die deelnemers ʼn brief gerig

waar die prosedure van die onderhoude verduidelik word. Daar word van ʼn

deelnemer verwag om die brief vooraf te lees, vrae te vra en dan te onderteken om

sy/haar gewilligheid te illustreer. Deelnemers word ook daaraan herinner dat die

proses vrywillig is en dat hulle te eniger tyd gedurende die proses kan onttrek.

1.7.2 Privaatheid, vertroulikheid en anonimiteit

Beide die navorser en die deelnemers moet te alle tye die waardigheid, privaatheid

en belange van alle deelnemers respekteer. Dit beteken dat daar ʼn duidelike

ooreenkoms moet wees ten opsigte van die vertroulikheid van die uitslae en

bevindinge van die navorsing. Die vertroulikheid van alle inligting oor deelnemers en

hulle antwoorde sal gewaarborg word; resultate sal op ʼn anonieme wyse bekend

gemaak word. Die vraelyste wat deur deelnemers voltooi is, het geen

identifiseringstekens, name, adresse of kodifiseringsimbole bevat nie. Alle

bandopnemerkassette word vir kwaliteitskontroles gehou en word na afloop van die

studie op ʼn veilige plek bewaar.

1.8 UITLEG VAN DIE STUDIE

Hoofstuk 1: Oriënterende Inleiding.

Hoofstuk 2: ʼn Teoretiese begronding van skoolkultuur en -klimaat.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!