01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.4.2 Definisies van skoolkultuur

24

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

Barth (2002:7) definieer skoolkultuur as ʼn komplekse patroon van norme, houdings,

oortuigings, gedrag, waardes, seremonies, tradisies en mites wat diep in elke aspek

van die skool gesetel is. Dit is ʼn historiese nalatenskap van mag wat uitgeoefen word

oor mense se denke en hulle gedrag. Hinde (2004:2) sien skoolkultuur as norme,

oortuigings, tradisies en gebruike wat oor ʼn tydperk in ʼn skool ontwikkel is. Dit is,

volgens laasgenoemde skrywer, ʼn stel vanselfsprekende verwagtinge en

veronderstellinge wat die aktiwiteite van die skoolpersoneel en leerders direk

beïnvloed. Deal en Peterson (1999:8) omskryf skoolkultuur as:

... a complex web of traditions and rituals that have built up over time as

teachers, parents and administration work together and deal with crisis and

accomplishments...culture patterns are highly enduring, have a powerful

impact on performance, and shape the ways people think, act and feel.

Uit bogenoemde definisies kan afgelei word dat skoolkultuur nie staties is nie. Dit

word voortdurend hervorm en ontwikkel soos die tradisies en rituele van ʼn

skoolgemeenskap op mekaar inwerk. Skoolkultuur word dus gevorm deur die

interaksie tussen die lede van die gemeenskap terwyl die aksies van die

skoolgemeenskap weer gelei word deur die kultuur. Dit is dus ʼn selfherhalende

siklus. Om op te som kan skoolkultuur beskou word as ʼn algemene term vir die

onderliggende veronderstellinge, waardes en norme in ʼn skool, asook die mites,

helde, simbole, praktyke en rituele waarin die latente kultuur homself manifesteer.

Skoolkultuur kan dus gesien word as ʼn weerspieëling van gedeelde idees,

veronderstellinge en oortuigings wat elke skool sy eie identiteit en standaard van

gedragsuitkomste gee.

2.4.3 Elemente van skoolkultuur

Elke skool het ʼn kultuur wat bepaal hoe mense op mekaar reageer, wat hulle gaan

doen of nie doen nie en wat hulle as reg of verkeerd beskou (Robbins & Alvy,

2009:23). Kultuur, volgens hierdie skrywers, weerspieël die aspekte waarvoor die

skoolgemeenskap omgee, hoe hulle feesvier en waaroor hulle praat. Dit kom voor in

hulle daaglikse roetines. Die skoolkultuur beïnvloed ook hulle produktiwiteit,

professionele ontwikkeling, leierskapspraktyke en tradisies (Robbins & Alvy,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!