01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

22

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

Hierdie definisie verwys nie net na die geïntegreerde patroon van kennis en gedrag

wat na suksesvolle generasies oorgedra word nie. Lindahl (2006:4) brei die definisie

verder uit deur te noem dat die definisie ook na gemeenskaplike sake soos die

basiese veronderstellinge en oortuigings rakende die aard van realiteit, waarheid,

tyd, menslike natuur, menslike aktiwiteite en menslike verhoudings verwys. Lindahl

(2006:5) stel dit verder dat die definisie ook die filosofieë, ideologieë, konsepte,

seremonies, rituele, waardes en norme wat deur die lede van die organisasie gedeel

word, insluit, om sodoende hulle gedragsoptredes te vorm. Organisatoriese kultuur

omvat organisatoriese behoeftes soos gemeenskaplike taal, gedeelde idees,

gedefinieerde grense, metodes om lede vir ʼn organisasie te werf, metodes vir die

aanwysing van gesag en mag, norme om interpersoonlike verhoudings te hanteer,

kriteria daar te stel vir lofprysing en straf en hoe om maniere te vind om

onvoorspelbare en stresverwante probleme op te los (Lindahl, 2006:5).

Organisatoriese kultuur kan dus beskryf word as die manier waarop dinge in ʼn

organisasie gedoen word.

Kultuur kan bewustelik of onbewustelik in ʼn organisasie ʼn rol speel (Schein, 2004:8)

In die werklike omgewing kan kultuur waargeneem word deur die studie van gedrag

en artefakte wat aspekte soos rituele, taal, stories en die fisiese omgewing insluit.

Op ʼn dieper, minder bewustelike vlak word kultuur gedefinieer deur ongeskrewe

reëls en norme van gedrag wat dikwels deur stories, rituele en simbole oorgedra

word. Op die diepste vlakke, dikwels onbewustelik, lê kwessies soos die

fundamentele veronderstellinge en kernwaardes van individue, groepe en die

organisasie (Tableman, 2004:2). Dit is veral die diepste vlak waar die kultuur van ʼn

organisasie onversetlike en kragtig kan wees (Lindahl, 2006:4). Bogenoemde vlakke

van kultuur word vervolgens in tabel 2.1 geïllustreer (Schein, 2004:26).

Tabel 2.1 Organisatoriese kultuur

Vlakke van kultuur en hulle interaksie

Artefakte en instellings:

Simbole, seremonies, instellings,

hoorbare gedragspatrone

Aangenome waardes en oortuigings:

Gevoel van wat gedoen moet word

Sigbare organisatoriese strukture en

prosesse (moeilik om te ontsyfer)

Strategieë, doelwitte en filosofieë

(aangenome regverdiging)

Basiese veronderstellinge: Onbewustelike, geneem as vanselfsprekende

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!