01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.5 ORGANISATORIESE KLIMAAT

2.5.1 Inleiding

32

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

Die organisatoriese omgewing bepaal die gedrag van mense in ʼn organisasie

(Zagar, 2009:1). Volgens die skrywer is dit belangrik om menslike hulpbronne in ʼn

organisasie effektief te bestuur en om die omgewing te ken en te verstaan.

Vijayakumar (2007:249) voeg by dat aangesien organisatoriese kultuur en -klimaat

gebruik word om die organisatoriese omgewing te beskryf, dit ook as belangrike

psigologiese konstruksies beskou kan word in die funksionering en ontwikkeling van

organisasies.

Die belangrikheid in die bestudering van kultuur en klimaat word gebaseer op die

klassieke model van Levin (1936), waar gedrag as die gevolg van interaksie tussen

individue en hulle omgewing bespreek word. Daar word byvoorbeeld in die model

gevind dat ʼn individu op ʼn spesifieke situasie reageer, gebaseer op sy/haar

persepsie van so ʼn situasie. Dit beteken dat ʼn werksituasie of ʼn organisatoriese

omgewing spesifieke situasies skep wat die omgewing kan beperk, asook die gedrag

van lede in die organisasie kan beïnvloed (Patapas & Dirzyte, 2003:37).

2.5.2 Definisies van organisatoriese klimaat

Die huidige konsep van organisatoriese klimaat is eers omvattend in die 1970‟s

ondersoek, alhoewel die idee van organisatoriese klimaat al in die 1930‟s bekend

gestel is as die sosiale klimaat in die werksplek. Aanvanklik is organisatoriese

klimaat gedefinieer in terme van formele organisatoriese beleidstukke,

werknemersbehoeftes, waardes en persoonlikhede (Patapas & Dirzyte, 2003:37).

Daar is ook geargumenteer dat organisatoriese klimaat primêr bepaal word deur die

sienings van die leiers in ʼn organisasie en die verhoudings tussen bestuurders en

ondergeskiktes. Van die vroeëre definisies het ook bepaal dat organisatoriese

klimaat gesien kan word as ʼn normatiewe struktuur van houdings en

gedragstandaarde. Dit sou ook as basis dien vir die interpretering van situasies

asook om leiding en rigting aan aktiwiteite te gee (Kundu, 2007:100).

Die assessering van werknemers se persepsies van die organisasie het egter

toenemend die belangstelling van navorsers oor organisatoriese klimaat geprikkel.

Organisatoriese klimaat word deur navorsers as ʼn multidimensionele samestelling

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!