01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.4.4 Belangrikheid van skoolkultuur

28

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

Elbot en Fulton (2008:2) is van mening dat skoolkultuur, of dit lewendig of sterwend

is, alles waarmee die skool geassosieer word, kan affekteer. Peterson en Deal

(2002:10), Barth (2002:7) asook Van der Merwe et al. (2003:15) sien kultuur as ʼn

netwerk van rituele, norme en waardes wat elke aspek van die skoollewe infiltreer.

Ook Matos, Lens en Vansteenkiste (2009:163) argumenteer dat skoolkultuur ʼn

impak op die algehele skoolomgewing kan hê. Die skrywers sien die impak van

kultuur veral op die akademiese en persoonlike ontwikkeling van leerders. Kultuur

kan ook eenheid en betekenis in die skoolomgewing skep wat betrokkenheid

inspireer en produktiwiteit kan verhoog. Weller en Weller (2002:139) verduidelik

bogenoemde stellings as volg: “to a large extent ... culture contributes to the school‟s

effectiveness or infectiveness.”

Kultuur, volgens die skrywers, stel dus vir die onderwysers en leerders die

standaarde en riglyne vir daaglikse aktiwiteite. Hoy en Miskel (2005:129) en Miles

(2003:348) is verder van mening dat skoolkultuur die skool as ʼn eenheid bymekaar

hou en dat dit aan die skool ʼn eiesoortige identiteit verskaf.

Uit die voorafgaande sienings oor die belangrikheid van skoolkultuur kom dit voor

dat al die skrywers dit eens is dat skoolkultuur belangrik is en dat dit elke aspek van

die skoollewe kan beïnvloed. Skoolkultuur kan dus eenheid en betekenis skep asook

betrokkenheid en produktiwiteit bevorder. Waar daar ʼn positiewe kultuur geskep is

en daar eenstemmigheid is om dié positiewe kultuur te handhaaf, kan daar dan tot

die gevolgtrekking gekom word dat sulke skole voorspoedig en vooruitstrewend sal

wees. Vir die doel van die studie is dit ook belangrik dat daar gekyk word na die

effek wat kultuur op die skoollewe het.

2.4.5 Die effek van kultuur op die skoollewe

Hinde (2004:3) vergelyk skoolkultuur met die lug wat ʼn mens inasem. Niemand sal

dit raaksien voordat dit nie bedorwe of vuil is nie. Volgens die skrywer kan kultuur ʼn

positiewe of ʼn negatiewe invloed hê op die funksionering van ʼn skool. Hansen en

Childs (1998:15) is van mening dat mense graag in ʼn omgewing wil werk waar die

toestande aantreklik en uitnodigend is. Die omgewing moet ʼn klimaat van

ondersteuning en aansporing hê waar die vlakke van fisiese gemak soos verhitting,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!