01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

8

Hoofstuk 1: Oriënterende inleiding

Om deur middel van ʼn kwalitatiewe ondersoek die ervaringe van leerders ten

opsigte van skoolkultuur, -klimaat en -geweld vas te stel.

Om riglyne neer te lê vir die vestiging van ʼn gesonde skoolklimaat en -kultuur

met die oog op die bekamping van skoolgeweld.

Vir die kwantitatiewe ondersoek is die volgende twee navorsinghipoteses

geformuleer:

Navorsingshipotese 1

Skoolkultuur en -klimaat kan gebruik word om ʼn beduidende persentasie van die

variansie in skoolgeweld te verklaar.

Navorsingshipotese 2

Beduidende verskille in die gemiddelde tellings vir skoolveiligheid, -kultuur, -klimaat

en skoolgeweld kom in die volgende biografiese veranderlikes vir leerders voor,

naamlik geslag, graad, skoolomgewing, skoolligging, skoolgrootte, skoolenkelgeslag

en gemengdegeslagskole.

1.4 BEGRIPSVERKLARINGS

Die invloed van skoolkultuur en -klimaat op skoolgeweld vorm die kern van die

studie. Vervolgens word daar slegs ʼn oorsigtelike verklaring van hierdie begrippe

gegee. In hoofstuk 2 en 3 word ʼn meer omvattende begronding van die begrippe

gedoen.

1.4.1 Skoolkultuur

Skoolkultuur word gedefinieer as ʼn onderliggende stel norme, waardes, oortuigings,

rituele en tradisies wat lede van ʼn skool se denke, gevoelens en optredes bepaal

(Peterson & Deal, 2002:10).

1.4.2 Skoolklimaat

Skoolklimaat verwys na die kwaliteit en kenmerke/eienskappe van die skoollewe.

Skoolklimaat word gebaseer op die persoonlike ervaringe van leerders, onderwysers

en ouers ten opsigte van die skoollewe. Dit reflekteer norme, doelwitte, waardes,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!