01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.2.4 Die makrosisteem

20

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

Die makrosisteem bestaan uit die ideologieë, waardes, wette, regulasies, gebruike

en hulpmiddels van ʼn gegewe kultuur (Keenan, 2002:31). Die makro-sisteme waarin

ʼn mens leef, beïnvloed met ander woorde die omvang van verhoudings. Kamerman

(2000:98) is van mening dat die prioriteit wat die makro-sisteem aan die kinders se

behoeftes verleen, die ondersteuning van die binnesirkels in die omgewing affekteer.

Byvoorbeeld, in lande waar daar hoë standaarde vir kindersorg is en waar daar

goeie werkplekvoordele vir werkende ouers is, sal kinders waarskynlik gunstige

ervarings in hulle onmiddellike omgewings, soos die gesin en die skool, ervaar.

2.2.5 Die chronologiese sisteem

Volgens Bronfenbrenner (Berk, 2003:29) is die omgewing wat kinders affekteer nie ʼn

statiese mag nie. Inteendeel, daar is gedurige veranderinge wat plaasvind. Dié

sisteem omvat met ander woorde die dimensie van tyd soos dit in verband met die

ontwikkeling van die kind gebring kan word. Wanneer belangrike ontwrigtende

gebeurtenisse soos ʼn ekonomiese depressie en politieke veranderinge plaasvind,

kan dit ʼn invloed hê op hoe mense op die spanningsvolle situasies gaan reageer.

Uit bogenoemde bespreking van die bio-ekologiese teorie is dit duidelik dat hierdie

teorie ʼn rol kan speel in die studie van skoolkultuur, -klimaat en -geweld. Dié teorie

gaan as ʼn basis gebruik word om die onderlinge verhouding tussen die individu, die

veelvoudige omgewings en die verbintenis met skoolkultuur en skoolklimaat te

illustreer.

2.3 ORGANISATORIESE KULTUUR

Alvorens skoolkultuur bestudeer word, sal daar eers na organisatoriese kultuur as

agtergrondstudie vir skoolkultuur gekyk word.

Die term kultuur word deur antropoloë gebruik om gemeenskappe wat ten opsigte

van gebruike soos kleredrag, dieet, taal en oortuigings verskil, te beskryf. Die term

organisatoriese kultuur is ontwikkel om organisasies ten opsigte van hulle

besluitnemingsprosesse en hulle dag tot dag funksionering te beskryf (Gonder,

1994:15). ʼn Organisasie ontwikkel ʼn spesifieke kultuur oor ʼn lang tydperk. Dit

verteenwoordig ʼn groep mense se gedeelde begrip en verstandhoudings oor hoe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!