01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

12

Hoofstuk 1: Oriënterende inleiding

Geloofwaardigheid in kwantitatiewe navorsing is sinoniem met konsekwensie en

herhaling oor tyd, instrumente en groepe respondente. Dit het te doen met

presiesheid en akkuraatheid. Vir kwantitatiewe navorsing om betroubaar te wees,

behels dit dat, indien toetsing met soortgelyke groepe in soortgelyke omstandighede

gedoen word, dieselfde resultate bereik sal word (Golafshani, 2003:598; Delport,

2007: 161 en Leedy & Omrod, 2005:93).

1.6.2 Geldigheid

Joppe (in Golafshani, 2003:599) verduidelik geldigheid as volg:

Validity determines whether the research truly measures that which it was

intended to measure or how truthful the research results are.

Geldigheid is ʼn belangrike element van doeltreffende navorsing. Indien ʼn gedeelte

van die navorsing ongeldig is, sal die navorsing waardeloos wees. Geldigheid is dus

ʼn vereiste vir sowel kwantitatiewe as kwalitatiewe navorsing. Dit is egter onmoontlik

om ʼn 100% geldigheid in navorsing te verkry (Cohen et al., 2003:105). Kwantitatiewe

navorsing bevat gewoonlik ʼn mate van standaardfoute wat ingebou is en wat erken

moet word. In kwalitatiewe navorsingsdata kan die subjektiwiteit van deelnemers,

hulle menings, houdings en perspektiewe bydra tot ʼn mate van eensydigheid. Met

ander woorde daar moet na minimale ongeldigheid en maksimale geldigheid

gestreef word (Cohen et al., 2003:105; Cooper & Chindler, 2003:318). Om die

geldigheid van die studie te verhoog, word daar in die kwantitatiewe navorsing

gepoog om doelmatige data-versamelingstrategieë toe te pas, toepaslike vraelyste

daar te stel en deeglike statistiese ontledings te doen. In die kwalitatiewe navorsing

word die geldigheid aangespreek deur die eerlikheid, diepte, rykdom en omvang van

die verkreë data, die benadering van die deelnemers en die omvang van triangulasie

(Cohen et al., 2003:106 en Leedy & Omrod, 2005:93).

Volgens Cohen et al. (2003:107) en Leedy & Omrod (2005:93) bewys interne

geldigheid dat die verduideliking van ʼn spesifieke gebeurtenis wat deur ʼn deel van

die navorsing uitgelig word, eintlik deur die data onderskryf en bewys kan word. Die

geloofwaardigheid van die gevolgtrekkings wat gemaak word, moet voortspruit uit

die data. Om geloofwaardigheid te verseker, sal triangulasie toepas word in die

metodes van dataversameling en data-analisering.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!