01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.4.6 Die verband tussen skoolkultuur en -geweld

30

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

Sullivan en Keeney (2008:6), Tableman (2004:2) en Cavanagh en Delhar (2001:8) is

dit eens dat skole nie leerders se reg tot onderwys of die daarstelling van effektiewe

dissipline en veiligheidsbeleidstukke kan verseker tensy daar ʼn gesonde en

gerespekteerde skoolkultuur teenwoordig is nie. Gesien teen die agtergrond van die

definisies van skoolkultuur (cf. 2.4.2) kan ʼn positiewe skoolkultuur ʼn omgewing skep

waar mense sosiaal, emosioneel en fisies veilig voel. Dit kan tot gevolg hê dat

onderwysers, leerders en ouers saamwerk om ʼn gemeenskaplike visie vir die skool

daar te stel. Die Verenigde Nasies se Committee on the Rights of the Child (2008:9)

erken ook dat skole ʼn kultuur waar menseregte soos begrip, vrede,

verdraagsaamheid en gelykheid ingebou is, moet bevorder.

Waar skole ʼn positiewe kultuur skep, dra dit by tot die verbetering van leerprosesse,

wat tot gevolg sal hê dat leerders ʼn gevoel van verbintenis met die skool ervaar en

dat dit op sy beurt weer sal bydra tot die vermindering van dissiplinêre probleme

(Sullivan & Keeney, 2008:6; Brady, 2008:2; Brown, 2004:4). Zepeda (2004:24) is ook

van mening dat ʼn positiewe skoolkultuur ʼn veiligheidsnet teen skoolgeweld kan

voorsien, maar dat ʼn negatiewe skoolkultuur ʼn donker wolk oor die aktiwiteite van

onderwysers en leerders kan vorm.

In navorsing oor misdaad in skole in die VSA is bevind dat skole wat ʼn positiewe

kultuur deur karakterbou en sosiale vaardighede bou, ʼn beter kans het om

skoolgeweld te beveg (Black, 2008:1). Daar is ook bevind dat spesifieke

sekerheidsmaatreëls en ingrypingsprogramme alleen geen impak op die voorkoming

van skoolgeweld het nie, maar waar programme in plek gestel is om die kultuur van

die skool te verbeter, daar minder geweldsmisdade voorgekom het. Bogenoemde

navorser het tot die gevolgtrekking gekom dat kultuurprogramme wat op die

verbetering van wedersydse respek, onderlinge verhoudings, empatie met ander en

gesonde skoolomgewings konsentreer, ʼn groter kans staan om geweldsmisdade by

skole teen te staan. Ook Sullivan en Keeney (2008:6) noem dat navorsing onder

onderwysers in skole in New York oor skoolveiligheid getoon het dat die

meerderheid van onderwysers van mening was dat die afwesigheid van ʼn

omvattende kultuur en positiewe verhoudings die grootste bedreiging vir veiligheid in

skole inhou. So, byvoorbeeld, is daar deur onderwysers gerapporteer dat in skole

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!