01.05.2013 Views

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

DIE UITWERKING VAN SKOOLKULTUUR EN -KLIMAAT OP ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

34

Hoofstuk 2: Skoolkultuur en -klimaat: ’n teoretiese begronding

omgewing wat alle gedrag beïnvloed en tipies gemeet word deur die persepsies van

werknemers.

Samevattend kan organisatoriese klimaat gesien word as ʼn totale eenvormige

persepsie van die organisasie. Dit het gemeenskaplike karaktereienskappe; dit is

beskrywend; dit kan een organisasie van ʼn ander onderskei; en dit integreer en

weerspieël individuele-, groep-, en organisatoriese veranderlikes.

2.6 SKOOLKLIMAAT

2.6.1 Inleiding

Anyone who visits more than a few schools notes quickly how schools differ from

each other how they feel. In one school the teachers and the principal are zestful and

exude confidence in what they are doing. They find pleasure in working with each

other; this pleasure is transmitted to students ... In a second school the brooding

discontentment of the teachers is palpable; the principal tries to hide his

incompetence and his lack of sense of direction behind a cloak of authority... And the

psychological sickness of such a family spills over on the students who, in their own

frustration, feed back to the teacher a mood of despair. A third school is marked by

neither joy nor despair, but by hollow ritual ... in a strange way the show doesn’t

seem to be “ for real.”

Andrew W. Halphin (Hoy & Forsyth, 1986:148)

Bogenoemde aanhaling illustreer die verskille wat tussen skole bestaan. In die een

skool is daar ʼn passievolle atmosfeer wat daarop dui dat dit ʼn skool is wat ten volle

funksioneer. Die personeel en leerders werk hard en is gelukkig met dit wat hulle

doen en bereik. Daarteenoor word ʼn skool gevind waar die atmosfeer neerdrukkend

is en waar die personeel en leerders ongelukkig is met hulle werks- en

leeromstandighede. Dit gee dan aanleiding tot ʼn gevoel van wanhoop en so ʼn skool

funksioneer nie optimaal nie.

Die skool kan as die tuiste van onderwysers en leerders beskou word. Om

onderwysers en leerders se volle potensiaal te laat realiseer, is dit belangrik dat hulle

veilig moet voel, asook dat hulle aanvaar moet word in die werk- en leeromgewing.

Die klimaat in die skool moet daarom van so ʼn aard wees dat individue in alle

aspekte van hulle lewe kan floreer (Johnson & Stevens, 2006:2).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!