02.05.2013 Views

scenarioJunie

scenarioJunie

scenarioJunie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2

••• REDAKTEURSBRIEF

As jy die koers kwytraak

Ek het ’n uitsonderlike verdwaal vernuf.

Ek sal lag-lag op ’n reguit pad deur die Karoo

ver dwaal en as ’n deurmekaar dorp soos Kimberley

my eers insluk, sal julle my oor ’n maand kry waar ek

maar ’n werkie by die Spur gaan bedel het omdat ek

nie weer die pad uit kon kry nie.

Tydens ’n besoek aan die Noord-Kaap is ek ook

nie hierdie “spesiale gawe” van my gespaar nie.

’n Nchaba, vir dié wat nie weet nie, is ’n tipe wilde

“aartappel” wat in sekere dele van die Kalahari groei

en so onder die grond wegkruip soos ’n skoolkind vir

’n tandartsafspraak. Dit proe soos ’n sampioen en

is blykbaar baie lekker, maar na ’n dag van Nchabas

soek, kon ek net nooit weer vat kry aan die lekkerny

nie.

Ek is losgelaat met ’n Checkers sakkie en my

oog is ingestel om enige krakie op die grond te

ondersoek vir ’n moontlike Nchaba wat dalk daar

kan uitloer. Toe ek weer opkyk is ek verlore! Met

ander woorde, ek het nie meer geweet waar ek is

nie en ná twee ure se sirkellopery het ek maar my

leë sakkie in ’n boom opgehang en op ’n klip gaan

sit en myself voorberei op ’n lang nag in die veld

saam met jakkalse en veediewe. Ek weet nie waar

die son moet sit of in watter rigting om te loop nie,

ek is ’n stadsmeisie, magtig!

SENWES SCENARIO

Net daar tref ’n nuwe moed my: Ek gaan reguit loop

en ek sal iewers by ’n draad uitkom wat my weer

na ’n pad sal lei en hopelik is dit nie Botswana

se grensdraad nie. Ná nog twee ure is ek toe

uiteindelik waar ek moes wees, al was dit met leë

hande.

Vanjaar se min reën sal baie van ons lesers laat

voel of hulle hierdie winter met leë hande ingaan.

Die weiding is min en menige veeprodusent is

moontlik bekommerd en weet nie in watter rigting

om te loop nie. Lees gerus die hoofstorie op bladsy

4 vir ’n proaktiewe droogtestrategie en hoe om

weiding te bestuur.

Ons fokus op dierevoeding vir hierdie uitgawe

en bladsy 28 en 29 handel oor produkte wat jou

hierdie winter handig te pas kan kom. Lees ook op

bladsy 20 oor die Sports Prestige-aand wat ten bate

van plaasveiligheid gehou is.

As jy verlore of verdwaal voel, besluit op ’n rigting

en slaan koers in, jy sal wel iewers uitkom – en as

alles ten goede meewerk, soos dit moet, mag jy op

die regte plek eindig.

Elmarie

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Elmarie Schoeman

www.senwes.co.za • Junie 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!