02.05.2013 Views

scenarioJunie

scenarioJunie

scenarioJunie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

50

••• SENWES GRAINLINK

Nuwe wetgewing hou

ernstige gevolge in

VOEDSELVEILIGHEID IS ’N OPENBARE

GESONDHEIDSKWESSIE VAN

TOENEMENDE BELANGRIKHEID. DIE

NUWE VERBRUIKERS BESKERMINGS-

WETGEWING KAN LEI TOT VERHOOGDE

AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE

ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF.

> TEKS: MARIANA PURNELL

Mense het die reg om te verwag

dat die kos wat hulle eet veilig is en geskik is vir

verbruik. Voedselgedraagde siektes en besering

is ten beste onaangenaam en kan ook noodlottig

wees. Daar is egter ook ander gevolge. Die uitbreek

van voedselgedraagde siektes kan groot skade

berokken aan handel en toerisme en dit lei tot die

verlies van inkomste, werkloosheid en litigasie.

Voedselbederf is verkwistend, duur en kan ’n nadelige

invloed op handels- en verbruikersvertroue hê.

Die Wet op Verbruikersbeskerming maak

voorsiening vir verskeie regte van verbruikers,

soos byvoorbeeld:

• anti-diskriminasie

• inspeksie van goedere

• tydige en korrekte lewering van goedere

• eenvoudige taalgebruik in dokumente

• handelsbeskrywings

• bepalings teen wanvoorstelling en misleiding

• kontraktuele bepalings wat billik, regverdig

en redelik is

• pryse wat billik, regverdig en redelik is

• waarborge

• die terugneem van produkte

WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF?

Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n

uitdaging vir al die rolspelers in die voedselketting

om aan te pas en ’n produk van hoë kwaliteit te

lewer wat voldoen aan voedselveiligheidstandaarde.

Belangrike uitdagings in die graanbedryf is

mikrobiese voedselgedraagde siektes en algemene

voedselveiligheidsaspekte.

Verbruikers is kwaliteits -

bewus en die meerderheid doen hul voedselaankope

by maatskappye wat hoë gehalte handhaaf en die

nodige versekering kan gee dat die voedselproduk te

aan die hoogste standaarde en voedselveiligheidsvereistes

voldoen.

Die gebruik van chemiese middels en beperkings

daarop op die graan wat gelewer sal word, soos

vervat in die Wet op Landbouprodukstandaarde

(1990), is veral ter sprake. Produsente moet hulle

vergewis van die wetlike vereistes en voldoen aan die

standaarde soos daarin neergelê. Wetlike voorskrifte

bepaal die gebruik van onkruiddoders, insekdoders

en verskeie ander landboukundige chemika lieë en

die residu-vlakke van sodanige produkte wat in die

kommoditeit teenwoordig kan wees.

GMO-vry kommoditeite (produkte wat nie geneties

gemanipuleerde organismes bevat nie) is ook

onder die kollig van die nuwe verbruikerswetgewing.

Daar is ’n groeiende vraag na GMO-vry produkte en

die nuwe verbruikerswetgewing stel streng riglyne

ten opsigte van toepaslike toetse en dokumentasie

om die GMO-status van produkte te bewys tydens

bemarking.

Sodanige tendense kan daartoe lei dat

die verbruiker die produsent se keuse van

variëteit, landboupraktyke en selfs die hantering

en bemarking van die kommoditeit ten

sterkste beïnvloed. ’n Identiteitpreserveringbemarkingsproses

sal dus van kardinale belang

wees om naspeurbaarheid te verseker en aan

verbruikers die gemoedsrus te gee dat sekere

prosedures tydens produksie, hantering, vervoer,

verwerking en verpakking streng volgens protokol

uitgevoer is. S

Vir verdere navrae, kontak Mariana Purnell (Bestuurder:

Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by (018) 464-7271 of

082 336 8534.

www.senwes.co.za • Junie 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!