02.05.2013 Views

scenarioJunie

scenarioJunie

scenarioJunie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

62

Ds Willie Botha

••• VIR DIE SIEL

Lees Joh 13

Maya Angelou het gesê: “Ek

het geleer dat mense sal vergeet wat jy gesê het,

hulle sal vergeet wat jy gedoen het, maar nooit

sal vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” Dit is

woorde wat mens diep laat nadink, omdat ons in ’n

samelewing leef wat veral op “sê” en “doen” fokus.

Dit is interessant om te kyk hoe Jesus in hierdie

opsig gevaar het. Hy het mense anders benader

as die norm van sy tyd. Tydens die Bergrede (Matt

5 - 7) kry ons ’n goeie idee hoe Jesus mense in sy

teenwoordigheid laat voel het. Aan die einde van

>> DINK HIEROOR NA

• Maak tyd om na te dink hoe jy mense in

jou teenwoordigheid laat voel. Hoe en waar

moet jy veranderinge aanbring?

• Mense het iets in Jesus se teenwoordigheid

beleef wat vir hulle nuut en vars was.

• God is deur sy Gees by ons teenwoordig.

Hoe voel jý in die teenwoordigheid van

God?

• Gaan gerus op jou eie deur die vier

Evangelies en stel jou voor hoe verskillende

mense in uiteenlopende scenario’s in Sy

teenwoordigheid kon voel.

Hoe laat jý mense voel

hoofstuk 7 is die skare verbaas oor sy onderrig,

want Hy het hulle geleer soos ’n man met gesag,

en nie soos die Skrifgeleerdes nie. Mense het in Sy

teenwoordigheid anders gevoel omdat Hy anders en

met ’n ander agenda gewerk het. Dit gaan nie oor

persoonlike mag of aansien nie, maar die klem val

op sagmoedigheid, geregtigheid, barmhartigheid,

reinheid en vrede. Sy hoorders word geleer om

waarde tot die lewe te voeg, soos wat sout die

smaak van kos verbeter en lig die donker verdryf.

Skielik word daar nie meer op kinders neergesien

nie, maar word hulle verhef as voorbeelde van hoe

volwassenes van God afhanklik behoort te wees. Die

wat eerste is sal laaste wees en die laastes eerste.

Vergelding maak plek vir vergifnis.

Hoe het Jesus se dissipels gevoel toe Jesus

sy bo-kleed uittrek, ’n handdoek om sy middel

vasmaak en hulle voete begin was? Probeer jouself

die emosie van die blinde buite Jerigo indink toe die

Seun van God by hom kom stilstaan en vra: “Wat

wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Of die weduwee van

Naïn toe sy haar seun uit die dood terugkry? Hoe

het Petrus gevoel toe Jesus ná sy opstanding vir

hom sê: “Laat my lammers wei.”

Eintlik moet elkeen vir homself ’n antwoord gee

oor hoe Jesus mense om Hom laat voel het. Maar

dalk is daar een ding wat uitstaan: By Jesus het die

mense veilig gevoel. Hulle kon Hom vertrou omdat

Hy die Seun van God is.

Hoe laat jy die mense in jou teenwoordigheid

voel? Jou vrou, jou man, jou gesin? Wat is die

mense wat vir jou werk of vir wie jy werk se ervaring

van jou teenwoordigheid? Dalk is daar iets wat

ons by Jesus kan leer oor hoe Hy mense in sy

teenwoordigheid laat voel het. Langenhoven het

dit ook raak gesê: “Behandel jou meerdere met

beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat

dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg

is.” S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Ge meente

op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur ’n

e-pos aan wbot@absamail.co.za.

www.senwes.co.za • Junie 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!