03.05.2013 Views

Registratreurskonferensiebesluite - Aktepraktyk.co.za

Registratreurskonferensiebesluite - Aktepraktyk.co.za

Registratreurskonferensiebesluite - Aktepraktyk.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Artikel 53(2): “Terugvallingsreg proper”

Vraag Stem konferensie saam dat artikel 53(2) 16 van die Akteswet slegs toegepas

kan word met betrekking tot ‘n “terugvallingsreg proper” 17 en nie op ‘n

“terugvallingsregvoorwaarde” nie?

Besluit Ja, artikel 53(2) kan slegs toegepas word met betrekking tot ‘n terugvallingsreg

wat nie opvolgers in titel bind nie – (RKB27/2011).

Paragraaf 4.3 Skepping van grondserwitute

Artikel 76 - Skepping van serwitute

Vraag Waar grond in baie gedeeltes onderverdeel word in terme van ‘n kleinskaalse

onderverdeling, kan die bepalings van artikel 76 toegepas word om

grondserwitute oor of ten gunste van die onderskeie gedeeltes te skep, of

moet sodanige grondserwitute notarieël geskep word?

Besluit Ja, die bepalings van artikel 76 mag toegepas word sonder die

noodsaaklikheid om aansoek te doen vir die uitreik van sertifikate van

geregistreerde titel - (RKB17/2007).

Kommentaar (met ander woorde, grondserwitute kan direk in die transportaktes van die

gedeeltes van die grond geskep word in die geval van ‘n kleinskaalse

onderverdeling van grond. Dit is nie nodig om dit notarieël te skep en vir

SGT’s aansoek te doen nie.)

Paragraaf 5 Algemeen

Regulasie 73 - Aantekening van serwituut

Vraag Is dit moontlik om ‘n serwituut wat geregistreer is in terme van artikel 65 of 75

op ‘n alreeds geregistreerde algemene plan aan te teken en nie op ‘n kaart van

die eiendom nie?

Besluit Ja, dit is moontlik, op voorwaarde dat dit aangedui word op die algemene plan

wat deur die landmeter-generaal goedgekeur is - (RKB22/2007).

Hoofstuk 7 - Boedeloordragte

Paragraaf 3.1 Artikel 42(1) sertifikaat

Artikel 42(1) sertifikaat kragtens die Boedelwet 66 van 1965

Vraag Moet ‘n artikel 42(1) van de Boedelwet sertifikaat, vir ‘n aansoek kragtens

artikel 45 aanvaar word of moet ioe registrateur op ‘n sertifikaat kragtens

regulasie 49(1)(f) aandring? Alternatiewelik, moet ‘n artikel 42(1) van die

Boedelwet sertifikaat in alle gevalle die bewoording van regulasie 49(1)(f)

volg?

Besluit Ja, die bewoording van die artikel 42(1) sertifikaat moet altyd die bewoording

van regulasie 49(1)(f) van die Akteswet volg – (RKB44/2011).

Kommentaar Met ander woorde daar is drie aangeleenthede wat in die sertifikaat vermeld

moet word, naamlik –

16 Hierdie artikel bepaal dat grond wat gehou word onderhewig aan ‘n voorwaarde dat, by die plaasvind van ‘n

sekere gebeurtenis, sodanige grond na ‘n person genoem in die voorwaarde sal terugval, deur die eienaar en

die houer van daardie terugvallingsreg gesamentlik en afsonderlik met verband beswaar mag word of deur die

eienaar van die grond verbind word met die toestemming van sodanige persoon.

17 ‘n Terugvallingsreg proper bind nie opvolgers in titel nie.

Februarie 2012 Selfstudie Aktekursus 18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!