05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Verslag van die Uitvoerende Hoof

JW BASSON

UITVOERENDE HOOF

Sakeomgewing

In die jaar wat verby is, het ons daarin geslaag

om beduidende groei te behaal deur goed te

reageer op die veranderende behoeftes in

al ons markte namate die Suid-Afrikaanse

ekonomie afgegly het in sy eerste resessie

in 17 jaar. Ondanks die verlangsaming van die

ekonomie en die verlies van byna ’n halfmiljoen

werkgeleenthede in die eerste helfte van

2009, het die Groep daarin geslaag om ryklik

vergoed te word vir sy beleggings van die

verlede in stelsels, gesentraliseerde

distribusie en in mense.

Hierdie prestasie is ook die gevolg van die

stappe wat ons gedoen het, soos die verlaging

van ons bruto marge, die beskikbaarstelling

van meer bekostigbare produkte en die

strategiese posisionering van ons verskillende

handelsmerkformate. Saam het hulle gehelp

om in die afgelope jaar omset met byna 25%

te laat toeneem. Van ’n beskeie begin het die

Groep gegroei in ’n onderneming met ’n omset

van R59 miljard, bedrywig in 17 lande deur

1 079 winkels en 270 franchisehouers en

met 84 000 mense in sy diens.

In die lig van hierdie stewige omset- en

winsprestasie in ’n tyd van gedempte ekonomiese

groei is ons vol vertroue dat die Groep

steeds goed geplaas is om vooruit te gaan

ondanks die huidige ekonomiese realiteite.

Hoewel dit wil voorkom asof Suid-Afrika

ekonomies stadiger as sy meer ontwikkelde

teenhangers sal herstel, glo ons dat die land

met minder skade as ander wêreldekonomieë

10 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

NAME

DESIGNATION

NAME

DESIGNATION

daaruit sal tree. Die land se banksektor word

deur die World Economic Forum 15de geplaas

uit 134 lande en die regering se verbintenis

daartoe om oor die volgende drie jaar

R787 miljard aan infrastruktuur te bestee,

sal ons in ’n mate bly beskerm teen die

ergste gevolge van die wêreldwye krisis.

Na ons mening sal handelstoestande in

die toekoms moeiliker raak. Soos verdere

afleggings, hoër kostetoenames en dalende

voedselinflasie saamspan, sal die Groep hard

moet bly werk om kostes te beheer, volumes

te verhoog en doeltreffendheid te verbeter.

Namate meer verbruikers prysbewus word,

sal ons moet verseker dat ons laeprys-leierskap

die Groep se strategiese hoeksteen bly.

Ek glo steeds Suid-Afrika beskik oor groot

potensiaal ondanks die feit dat daar steeds

baie uitdagings is. Regerings in Suid-Afrika en

in Afrika behoort as doelwit te hê die verwydering

van knellende handelsbeperkings en

rompslomp en sodoende die vrye mark die

oorhand te gee. Dit sal lei tot ‘n verlaging in die

prys van basiese voedsel en mededinging

binne Afrika stimuleer.

Stygende misdaadvlakke is besig om te

lei tot toenemende voorraadkrimping en

sekuriteitskoste en namate die resessie

vererger, verwelkom ons die Polisie se

strenger optrede teen misdaad in ’n poging om

hierdie onverkwiklike situasie aan bande te lê.

Bedryfsoorsig

Terwyl kosprysinflasie gedurende die

verslag tyd gestyg het, het die Groep voortgegaan

om sy bruto marge op basiese

lewensmiddele met ’n verdere 0,6% te verlaag

om die impak van hoë voedselinflasie op

laerinkomste verdieners te versag. Hierdeur

is sowat R356 miljoen in die sakke van

verbruikers teruggeplaas.

Ondanks die hoogs mededingende

handelsomgewing het nougesette aandag aan

bedryfsdetail verseker dat die afgelope jaar

’n uitstekende tyd vir die Groep was. Vir die

12 maande tot einde Junie 2009 het totale

verkope met 24,5% – aansienlik bo die

gemiddelde interne inflasie van 15,2% –

toegeneem en handelswins met 28,1%

tot R2,941 miljard. Die Groep se besigheid

buite Suid-Afrika het ook bevredigende

omsetgroei van 37,8% in vergelyking met die

vorige jaar gerapporteer.

Nieteenstaande die verlaging van die bruto

marge het handelswins vinniger as omset

toegeneem weens hoër verkoopsvolumes en

doeltreffende kostebeheer. Dit was moontlik

danksy ons volgehoue belegging in infrastruktuur,

die deurlopende opgradering van

inligtingtegnologie wat die spoed en gehalte

van besluitneming verbeter het, asook verdere

belegging in ons netwerk van distribusiesentrums

en in ons vervoerafdeling.

Die Groep volg steeds ’n uiters gefokusde

sakeplan wat konsekwent toegepas word deur

’n hoogs ervare bestuurspan waarvan die

kennis en ervaring van die senior lede

gebalanseer word deur die energie van slim

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!