05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bedryfsoorsig Supermarkte Buite Suid-Afrika

vervolg

Indië kan nie gelykbreek alvorens die regering

die kleinhandel daar oopstel en die Groep

afsetpunte in Moembaai en elders kan open

om skaalbesparings te verkry nie.

Lesotho

Ondanks ’n verswakkende ekonomie en al

meer werkloosheid het die Groep se vier

supermarkte en drie Usave-winkels steeds

goed gevaar, met ’n verhoging in die aantal

klante en die waarde per transaksie. Die

grootste groei was in die diensafdelings wat ’n

spesiale fokuspunt van die Groep was. Planne

vir twee nuwe supermarkte is afhanklik van

voorgestelde eiendomsontwikkelingsprojekte.

’n Vierde Usave sal bygevoeg word.

Madagaskar

Die politieke krisis wat vroeg in 2009 op die

eiland ontstaan het, het ekonomiese groei

gedestabiliseer. Internasionale hulp is

gestaak, buitelandse firmas het hul planne om

die eiland se pas ontdekte mineraalafsettings

te ontgin, uitgestel en toeristegetalle het met

die helfte gedaal. In die onluste wat op die

staatsgreep gevolg het, is handel in net een

van die sewe winkels wat die Groep op die

eiland bedryf, ontwrig. Die nuwe regering het

verskaffers wat bande met die vorige bewind

gehad het gesluit. Dit het gelei tot tydelike

voorraadtekorte van veral suiwelprodukte op

die eiland. Ondanks die onrus het die ses

winkels wat in bedryf gebly het, bevredigend

gevaar.

22 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

Malawi

Malawi se ekonomie, wat grootliks op toerisme

en kleinskaalse boerdery gegrond is, het van ’n

lae basis in 2008 met meer as 8% gegroei. Dit

het bykomende werksgeleenthede geskep en

kleinhandelverkope aangewakker. Die chroniese

gebrek aan buitelandse valuta kortwiek egter

steeds die land se groeipotensiaal. Die Groep

se vyf afsetpunte – twee supermarkte en drie

Usave-winkels – dryf steeds winsgewend

handel. Die twee supermarkte in onderskeidelik

Blantyre en Lilongwe is albei stewig

gevestig met lojale ondersteuning, terwyl die

Usave-formaat ideaal is vir ’n landelike

omgewing. Die moontlikheid van ’n derde

supermark word ondersoek.

Mauritius

Die Shoprite Hyper-winkel op die eiland is steeds

winsgewend in bedryf. Die roepee het teenoor

die rand versterk gedurende die eerste helfte

van die oorsigtyd sodat ingevoerde goedere uit

Suid-Afrika meer mededingend geword het.

Produkte wat nie uit Suid-Afrika kom nie, word

hoofsaaklik vanuit Italië, Brasilië en Dubai

verkry. Die eiland is grootliks van buitelandse

beleggings afhanklik en het die wêreldwye

finansiële krisis nie vrygespring nie. Die Groep

gebruik steeds die bestaande vryhawegeriewe

om markte aan die Ooskus van Afrika, waar hy

’n teenwoordigheid het, te bedien.

Mosambiek

Die land se ekonomie was redelik goed teen die

regstreekse gevolge van die huidige wêreldwye

ekonomiese krisis beskut en die winsgewendheid

van die Groep se bedrywighede neem

steeds toe danksy ’n sterk toename in omset.

Die nuwe winkel in Matola, ’n woonbuurt in

Maputo, het ’n stewige bydrae tot die goeie

resultate gelewer. Die vyf supermarkte in die

land word deur ’n doeltreffende infrastruktuur

gesteun en ondanks die versterking van die

rand in die tweede helfte van die jaar is daar

steeds ’n toename in die vraag na produkte wat

in Suid-Afrika vervaardig word. ’n Usave, die

eerste in die land, sal teen die einde van 2009

sy deure open. Nog afsetpunte word oorweeg

en die vooruitsig vir die nuwe finansiële jaar is

steeds positief.

Namibië

Die ekonomie in Namibië het geseëvier, en so

ook die Groep se stewig gevestigde winkelnetwerk.

Indiensneming het grootliks gebaat

by die opening van verskeie nuwe uraanmyne –

uraan is nie deur die daling in kommoditeitspryse

geraak nie – terwyl toerisme bestendig

was en die landbou nog ’n goeie jaar beleef het.

Ná Zambië is sy onderneming in Namibië die

Groep se grootste buite Suid-Afrika. Verkope

het oral in die netwerk van winkels sterk

gegroei. Twee nuwe winkels is in die tweede

helfte van die jaar geopen en die Groep bedryf

nou 17 supermarkte in die land; 13 van hulle

onder die Shoprite-vaandel en vier onder dié

van Checkers. Hulle word aangevul deur 11

Usave-winkels. Planne om in die nuwe finan-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!