05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Korporatiewe beheer

vervolg

Kode van Korporatiewe

Praktyk en Gedrag

Shoprite Holdings Bpk is verbind tot die beginsels

van doeltreffende korporatiewe bestuur

soos uiteengesit in die Kode van Korporatiewe

Praktyk en Gedrag in die King-verslag 2002

(“die Kode”).

Die Direksie is van mening dat die Groep

tans voldoen aan die belangrikste vereistes

beliggaam in die Kode en die Noteringsvereistes

van die JSE Bpk.

Groepstruktuur

Shoprite Holdings Bpk is ’n beleggingshouermaatskappy

met beleggings in verskeie plaaslike

en internasionale handelsfiliale, waarvan

die volgende die belangrikste is:

– Shoprite Checkers (Edms) Bpk

– Shoprite International Ltd

– Shoprite Insurance Company Ltd

Alle filiale van Shoprite Holdings Bpk is

verbind tot die beginsels van doeltreffende

korporatiewe bestuur soos in die Kode vervat.

Die Direksie en Direksiekomitees

Die Direksie

Aan die einde van die verslagdoeningsperiode

het die Direksie van Shoprite Holdings Bpk

bestaan uit elf direkteure, van wie ses uitvoe rende

posisies in die Groep beklee. Die Direksie aanvaar

algehele verantwoordelikheid vir die Groep,

met inbegrip van die verantwoordelikheid vir

die identifisering van sleutel risiko-areas, die

oorweging en monitering van beleggingsbe sluite,

die oorweging van betekenisvolle finansiële

aangeleenthede en die beoordeling van die

prestasie van bestuur gemeet aan begrotings

en besigheidsplanne. Die Direksie is ook daarvoor

verantwoordelik om te verseker dat ’n omvattende

stelsel van interne beheermaatreëls en prosedures

in werking is en dat daar aan die beginsels

van gesonde korporatiewe bestuur voldoen word.

Die Direksie staan onder die voorsitterskap

van ’n nie-uitvoerende direkteur, Dr CH Wiese,

wat geen uitvoerende funksies vervul nie. Die

rolle van voorsitter en uitvoerende hoof is geskei

en elkeen het bepaalde verantwoordelikhede.

Die Direksie is daarvan oortuig dat sy lede

die kundigheid, talent en ervaring het om ’n

genoteerde maatskappy te lei. Die nie-uitvoerende

direkteure staan onafhanklik van die

bestuur en oefen hul onafhanklike oordeel uit.

Met hul wye ervaring voeg hulle waarde toe

tot die Direksie se beraadslagings.

Die Direksie vergader minstens vier keer per jaar.

44 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

Besonderhede van direkteure se bywoning van die geskeduleerde kwartaallikse direksievergaderings

gedurende die verslagdoeningsperiode word hier onder uiteengesit:

1 Aug 10 Nov 17 Feb 25 Mei

Naam van direkteur 2008 2008 2009 2009

Uitvoerende direkteure

JW Basson (uitvoerende hoof) T T T T

CG Goosen T T T T

BR Weyers T T T T

AN van Zyl T U U U

B Harisunker T T T T

EL Nel T T T T

AE Karp T T T T

Nie-uitvoerende direkteure

CH Wiese (voorsitter) T T T T

JJ Fouché (onafhanklik) T U U U

JA Louw (onafhanklik) T T T T

JF Malherbe (onafhanklik) T T T T

JG Rademeyer (onafhanklik) T T T T

TRP Hlongwane (onafhanklik) T T T T

Die Direksie delegeer die daaglikse bestuur

van die besigheid aan die uitvoerende hoof,

bygestaan deur senior bestuur. Senior bestuur

word genooi om direksievergaderings by te

woon en fasiliteer die doeltreffende beheer

van al die Groep se operasionele bedrywighede

en tree op as ’n medium vir kommunikasie en

koördinasie tussen al die verskillende besigheidseenhede

en filiale.

Direkteure is onderhewig aan uittrede op ’n

rotasiegrondslag minstens een keer elke drie

jaar, maar kan hulself beskikbaar stel vir

herverkiesing deur aandeelhouers. Ingevolge

die statute tree mnre JF Malherbe, EL Nel,

AE Karp, JG Rademeyer en TRP Hlongwane by

die algemene jaarvergadering uit en, synde

verkiesbaar, stel hulle hul vir herverkiesing

beskikbaar, met die uitsondering van mnr

TRP Hlongwane.

Die maatskappysekretaris word deur die

Direksie aangestel. As deel van sy verantwoordelikhede

staan die maatskappysekretaris

die voorsitter by met die koördinering en

administrasie van die Direksie se aktiwiteite en

die induksie van nuwe nie-uitvoerende direkteure,

en verseker hy dat die Groep aan alle

statutêre vereistes voldoen. Alle direkteure

het toegang tot die maatskappysekretaris en

A = Afwesig met verskoning T = Teenwoordig U = Uitgetree

sy dienste en kan, indien nodig, onafhanklike

professionele advies inwin.

Ingevolge die Groep se sakefilosofie

bestuur en beheer hy sy besigheid op ’n

gedesentraliseerde grondslag. Senior bestuur

vergader elke maand met die bestuur van die

gedesentraliseerde bedrywe om die resultate

van elke bedryfsdivisie in oënskou te neem.

Senior bestuur vergader ook weekliks om

bedrywighede, finansiële sleutelaanwysers

en die reklamestrategie te bespreek.

Direksievergaderings word kwartaalliks gehou

om die resultate van die Groep se bedryfsmaatskappye

te bespreek en goed te keur.

Die direksiehandves verhoog korporatiewe

toerekenbaarheid en help die Direksie om sy

bestaansdoel te verwesenlik. Dit behels die

beginsels van gesonde korporatiewe bestuur

soos dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid,

toerekenbaarheid, verantwoordelikheid,

billikheid en maatskaplike verantwoordelikheid.

Vergoedingskomitee

Ten einde uitvoerende amptenare van die

gehalte wat die besigheid van die Groep vereis,

te lok, te behou en te motiveer, word

voldoende vergoeding vir die doel voorsien.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!