05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bedryfsoorsig Meubels

AUBREY KARP

HOOFBESTUURDER:

OK MEUBELS

Verkope R2,573 miljard (2008: R2,258 miljard)

Handelswins R157,5 miljoen (2008: R155,2 miljoen)

Aantal winkels: House & Home 46 (2008: 39)

Aantal winkels: OK Furniture 204 (2008: 183)

Aantal winkels: OK Power Express 14 (2008: 14)

Aantal personeel 4 301 (2008: 3 668)

’n Toename in huishoudelike uitgawes in

die oorsigtyd het druk op besteebare inkomste

geplaas en dit het skuldvlakke veral onder

hoërinkomste-verbruikers laat styg. Vir die

meubelafdeling was die 12 maande tot einde

Junie dus ’n uitdagende tyd. In die

verswakkende handelsomgewing het

afslagwinkels die pryse van toebehore en

tuisvermaakprodukte selfs verder verlaag om

omset deur hoër eenheidsverkope te bou.

Om steeds mededingend te wees, moes die

meubelafdeling dieselfde doen. ’n Voordeel

was die swaai na duurder televisiestelle met

LCD- en plasmaskerms wat omset aangehelp

het en ook in ’n mate die druk verlig het om hoë

volumes per produk te moet verkoop.

Teen dié agtergrond het die meubelafdeling,

in ’n omgewing gekenmerk deur lae

inflasie, goed gevaar deur sy verkope vir die

24 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

jaar met 13,9% te verhoog. OK Furniture en

OK Power Express het steeds teen dieselfde

vlakke as voor die instelling van die Nasionale

Kredietwet (NKW) in Junie 2007 handel bly

dryf. Verkope in House & Home is egter steeds

onder druk. Sy prestasie is erg geraak deur

valutaskommelinge en die uitwerking daarvan

op die pryse van ingevoerde produkte. In die

jaar is ’n netto 28 winkels geopen. Hiervan was

sewe House & Home- en die res OK Furniturewinkels.

Die totale getal afsetpunte staan nou

op 264, waarvan 27 in die BLSN (Botswana,

Lesotho, Namibië, Swaziland) lande asook

Mosambiek in bedryf is. Meer winkels as

aanvanklik beplan is in die jaar geopen weens

geskikte persele wat beskikbaar geraak het.

Die vraag na krediet by winkels het

toe geneem, meestal van tradisionele House

& Home-klante wat hul kredietkaartperke

oorskry het, en nou gebruik moet maak van die

krediet wat kleinhandelaars bied. Dit geld nie

vir tipiese OK Furniture-klante wat nog steeds

baie min aan krediet blootgestel word nie. Die

vlakke van slegte skuld het in ooreenstemming

met klante se geldnood en dié van die finansieringsbedryf

gestyg, maar kwartaallikse

oudits deur onafhanklike ouditeure bevestig

dat die voorsiening vir slegte skuld meer as

voldoende is om enige gebeurlikheid die hoof te

bied.

Handel in die tweede helfte van die jaar was

strammer as in die eerste, soos gewoonlik in die

meubelbedryf die geval is. Die afdeling het

nogtans in die tweede helfte van die oorsigtyd

groei van 14,6% getoon wat gunstig met die res

van die bedryf vergelyk. In dié tyd het die

uitwerking van die afname in kleinhandelverkope

op vervaardigers ’n punt bereik waar

personeel uit diens gestel moes word of minder

ure moes werk, terwyl sommige fabrieke gesluit

het. Teen dié agtergrond en in ’n omgewing van

stygende inflasie, het die bestuur voorraadvlakke

verhoog om te verseker dat produkte

teen mededingende pryse beskikbaar bly.

Ondanks ’n swak geldeenheid vir die grootste

deel van die oorsigtyd, het die volgehoue

verbetering in die verkope van ingevoerde

goedere gehelp om winsgewendheid te verbeter,

danksy die hoër winsgrense wat hulle bied.

Dit is vir die afdeling ’n belangrike doelwit om dié

reekse steeds verder uit te brei. Dié strategie het

egter ook hoër voorraadvlakke tot gevolg,

aangesien buffervoorraad opgebou moes

word weens lang lewertye uit die buiteland.

Die langtermyndoelwit is om die getal

winkels met verloop van tyd te verdubbel,

aangesien die Groep glo dat die verskillende

kettings, veral OK Furniture, oor aansienlike

groeipotensiaal beskik. Aangesien die huidige

infrastruktuur aansienlik meer winkels kan

akkommodeer, sal die afdeling ondanks die

huidige afswaai voortgaan om nuwe winkels

teen ’n tempo van minstens 15 per jaar te open

om die volle voordeel uit ’n meer verteenwoordigende

netwerk te haal wanneer die ekonomie

herstel. Nuwe winkels word egter net geopen

as volhoubaarheidstudies hul lewensvatbaarheid

bevestig.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!