05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Groepsdienste Inligtingstegnologie

FRANZ MULLER

HOOFBESTUURDER:

INLIGTINGSTEGNOLOGIE

Die tegnologie-inisiatiewe van hierdie

sleutelbemagtiger van die Groep se totale

bedrywighede dek die hele spektrum van die

waardeketting. In besonder word ’n aantal

beduidende beleggings in tegnologie deurlopend

gemaak om die uitnemendheid van die

kernprosesse, naamlik beplanning, verkryging,

voorsiening en verkope, te verbeter.

’n Omvattende hersiening van alle beskikbare

stelsels vir die bestuur van handelsware

en voorraad is afgehandel. SAP Retail is as die

verkose bevoorrading-, meesterdata- en

sen trale voorraadregisterstelsel gekies. Die

doel is om bevoorrading- en aankope-produktiwiteit

te verhoog en bedryfskoste deur middel

van bestepraktyk-sakeprosesse te verbeter.

Die voorsiening van ’n enkele stel data sal na

verwagting meer doeltreffendhede skep en

tesame met gespesialiseerde sake-intelligensie

vermoëns behoort dit die gehalte van

besluitneming te verbeter en ’n groter

potensiaal vir beter marges te skep.

Die huidige inligtingstegnologie-infrastruktuur

word met die konsolidering van

verskeie stelsels vereenvoudig. Die afdeling

se volgehoue poging om die proses vir die

verkryging van produkte van oor die wêreld

heen te vereenvoudig, het ’n punt bereik waar

nuwe buitelandse verskaffers en produkte nou

in die Globale Verkrygingstelsel geregistreer

kan word. Dit word selfs verder verbeter deur

30 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

die bestelling- en logistiese prosesse in die

nuwe stelsel te integreer. Sulke noue samewerking

met verskaffers behoort produkkeuses

en prysbepaling te optimaliseer en ook

leweringstye te verkort. Die deursigtige aard

van die stelsel bied sterk opsporings- en

naspeuringsvermoëns, wat sigbaarheid en

verslagdoening oor sleutelgebeure in die

Groep se globale verspreidingsketting

verseker.

Die bestuur en opspoorbaarheid van

pallette wat van een verspreidingsentrum na

’n ander gestuur word, is vereenvoudig om

doeltreffendhede in die voorsieningsketting

selfs verder te verbeter. Dit het buigsaamheid

ten opsigte van die skedulering van pallette

vir winkels van een sentrum na ’n ander

mee gebring en het die benutting van ruimte

in die verspreidingsentrums verbeter.

Stemkiesing word ook ondersoek as nog ’n

inisiatief om diens aan winkels te verbeter

deur die doeltreffendheid en akkuraatheid te

verhoog waarmee handelsware in die

verspreidingsentrums uitgekies word.

Die nuwe agterkantoorstelsel vir takke is

in die oorblywende winkels geïnstalleer.

Daarmee is die uitbrei van die stelsel na alle

supermark-handelsmerke in Suid-Afrika

afgehandel. Verskeie sakeverbeterings is tot

dusver verkry. Meer akkurate voorraadregisterinligting

verseker dat gepaste hoeveelhede

van die regte handelsware op die regte tyd op

die rakke staan. Die prestasie van bakkerye in

winkels is met die instelling van standaardresepte

vir alle items verbeter. Namate

verskaffers na elektroniese fakturering

oorskakel, word die ontvangsproses vinniger

en meer akkuraat.

Daar is goeie vordering gemaak met die

toepassing van die GS1 DataBar-staafkodesimbole

– ’n nuwe staafkode simbologie wat

veel meer inligting bevat, maar die helfte

kleiner as die huidige simbole is. Dit sal ’n groot

invloed op die voorraadbestuur van vars

voedsel hê en veral die beheer van vervaldatums

vereenvoudig. Danksy deurlopende

samewerking met verskaffers om die

gehaltevoldoening ten opsigte van staafkodes

te verbeter, kon die Groep skanderingskoerse

vir bederfbare en droë kruideniersware tot ’n

wêreldgehalte van 99,5% verbeter.

Die Groep werk aan die verbetering van die

netwerk wat alle dele van die onderneming in

die binne- en buiteland verbind. Telkom is as

voorkeur netwerkvoorsiener vir winkels in

Suid-Afrika gekies weens sy belegging in sy

Nuwegenerasie-netwerk (NGN) infrastruktuur

vir die 2010-Wêreldbeker. Beter kostedoeltreffendheid,

betroubaarheid en prestasie is

sommige van die voordele wat dit inhou.

Hierdie vennootskap sal die Groep se vermoë

om die onderneming te laat groei, verhoog.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!