05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid

vervolg

Breed Gefundeerde Swart

Ekonomiese Bemagtiging (BGSEB)

Die Groep implementeer ’n duidelik omskrewe

program ten opsigte van die kodes van die Wet

op Breed Gefundeerde Swart Ekonomiese

Be magtiging (Wet 53 van 2003). Die program

word hier onder aan die hand van hierdie kodes

bespreek.

Swart eienaarskap en besluitneming

Die kodes wat die vereistes vir swart eienaarskap

en besluitnemingsinvloed bepaal, is die

regstreekse verantwoordelikheid van die

direksie van Shoprite Holdings.

Voorkeurverkryging

Deurlopende opdatering van die databasis vir

verkryging toon ’n opvallende verbetering –

meer as 10% gedurende die tydperk wat deur

die navorsing gedek word – in die waarde van

goedere gekoop van besighede wat aan

SEB-vereistes voldoen. Dit is ’n direkte gevolg

van die Groep se beleid om swart verskaffers

te help om hul besighede te ontwikkel asook

van die aanmoediging wat aan verskaffers

gegee word om hul SEB-status te verbeter.

Ondernemingsontwikkeling

Nuwe onderneming

Deur die speelveld gelyk te maak, stel hierdie

projek ontluikende SEB-verskaffers in staat

om op ’n gelyke grondslag met gevestigde

verskaffers mee te ding. Klein SEB-verskaffers

wat produkte van die verlangde standaard aan

die Groep kan lewer, word op verskillende

maniere gehelp, onder meer deur die strukturering

van aflewerings en betalings.

Freshmark, die Groep se vrugte- en groenteverkrygingsarm,

is veral bedrywig in hierdie

verband en ondersteun en help 358 kleinboere

in die lande waarin dit sake doen, om tot die

verlangde gehaltestandaarde te produseer.

In oorleg met ComMark Trust, ’n organisasie

sonder winsbejag wat die steun van die

Verenigde Koninkryk se departement van

landbou geniet, bied Freshmark jaarliks kursusse

oor voedselveiligheid aan vir ontluikende boere

onder sy verskaffers in KwaZulu-Natal en

Swaziland met die oog op die uiteindelike

verkryging van GlobalGAP-akkreditasie.

As deel van sy hulp aan lae-inkomstegemeenskappe

speel Freshmark ’n belangrike rol

in ’n projek om 89 aspirantboere te help wat in

2006 grond langs die Vaalrivier ingevolge die

regering se grondrestitusieprogram ontvang

38 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

het, maar die vermoë en hulpbronne ontbreek

om te begin boer. ’n Mentorprogram is ingestel

in ’n private inisiatief met Freshmark, wat ook

’n mark verskaf vir al die produkte wat op die

plaas geoes word.

Nyama Nyama Emnandi

Die doel van hierdie ambisieuse projek is om

ontluikende boere in Suid-Afrika te help om

’n sukses van hul besighede te maak. In die

najaag van hierdie doelstelling werk die Groep

ten nouste saam met die Departement van

Landbou, verskeie provinsiale owerhede asook

plaaslike regerings. Die rol van die Groep is om

daardie boere wat aan die vereiste standaarde

voldoen, deur sy Shoprite- en Checkerskettings

van ’n stabiele mark te voorsien.

Nadat sekere aanvanklike probleme uit die

weg geruim is, het die projek ontwikkel tot die

punt waar dit beduidend aan momentum wen.

’n Konstante stroom lewende hawe van

topgehalte vloei nou deur die markte van die

Wes-Kaap en Gauteng. Die projek word na die

Oos-Kaap en Karoo uitgebrei.

Regeringsbetrekkinge

Die regering is nog altyd gesien as ’n vennoot in

die Groep se pogings om tot plaaslike ekonomieë

by te dra, om ’n Eerstewêreldse inkopie-ervaring

te verskaf en om ’n beter lewensgehalte te help

skep vir die mense onder wie dit sake doen.

Aangesien die begrip en ondersteuning van

regering op sentrale, provinsiale en plaaslike

vlak van kernbelang is waar die Groep ook sake

doen of van voorneme is om sake te doen,

onderhou bestuur steeds die bes moontlike

betrekkinge met die owerhede, wat ook ingelig

gehou word van die Groep se planne en voornemens.

Sulke betrekkinge word op ’n streng

professionele grondslag bedryf. Onafhanklike

adviseurs wat met plaaslike omstandighede

vertroud is, word waar nodig, in diens geneem

om te help om toegang tot die regering te verkry

en betrekkinge op die regte vlak te vestig.

Beleggersverhoudinge

Die Groep handhaaf gepaste, deurlopende en

deursigtige kommunikasie met sy aandeelhouers

en die breë beleggingsgemeenskap. Dit word

gedoen deur onder meer die aankondiging van sy

tussentydse- en jaarresultate op die JSE se

Nuusdiens (SENS) en in die media, die publikasie

van handelsverklarings en van sy jaarverslag,

asook die verspreiding van inligting oor belangrike

korporatiewe ontwikkelings. ’n Interaktiewe

webwerf wat gereeld bygewerk word, dien as

versamelpunt vir alle relevante beleggersinligting.

Gereelde vergaderings word met institusionele

beleggers gehou op ’n groep- of individuele

grondslag terwyl aanbiedings twee keer

per jaar deur topbestuur vir finansiële

ontleders gedoen word. Hulle stel hulself ook

tot die beskikking van ontleders en die media.

Omgewingsimpak

Eiendomsontwikkeling

Respek vir die fisieke omgewing vorm een van

die hoekstene van die Groep se sakefilosofie. Sy

vermoë om druk te plaas op die ontwikkelaars

van sentrums waarin dit ruimte huur, is beperk,

hoewel die Groep daarop aandring dat wanneer

so ’n sentrum in bedryf is, dit op ’n omgewingsensitiewe

manier bestuur word. Waar hy self

ontwikkelings onderneem, doen hy dit so dat

dit nie die omgewing versteur nie. Die Groep sal

as ’n saak van beginsel nie ’n perseel koop of

ontwikkel wat omgewing sensitief is nie. Dit sal

ook nie ’n ontwikkeling onderneem wat vir die

biofisiese of beboude omgewing skadelik kan

wees nie. Wanneer dit wel ontwikkel, word die

volle voorgeskrewe omgewingsimpakstudie

onderneem onder die toesig van ’n onafhanklike

omgewingsbeoordelingspraktisyn. Tydens die

goedkeuringsproses pleeg dit oorleg met die

omringende gemeenskap en inkorporeer, waar

moontlik, die redelike behoeftes en begeertes

van daardie gemeenskap in die finale ontwerp.

Die Groep volg dieselfde benadering wanneer

dit ontwikkelings buite die grense van die land

onderneem al is die vereistes daar veel minder

streng as in Suid-Afrika.

Verpakking en afvalbestuur

Verpakking, veral vir vrugte en groete asook vir

die meeste ander bederfbare produkte, bly ’n

groot koste-item aangesien alle sodanige

materiaal neweprodukte van olie is. ’n Deurlopende

program om die koste te verlaag van

verpakkingsmateriaal wat vir die vervoer van

produkte gebruik word, is in bedryf. Freshmark,

die vrugte- en groeteverkrygings divisie,

gebruik reeds vir verskeie jare herwinbare

plastiekkratte in stede van dié van hout asook

kartonne vir die verpakking en massa vervoer

van sy produkte. Die divisie het meer as

600 000 plastiekkratte voortdurend in gebruik

en sal in die volgende paar jaar hierdie getal tot

sowat 800 000 verhoog. Kruide niers ware

word nou ook toenemend in herbruikbare plastiekkratte

van die verspreidingsentrums na die

winkels gestuur. Die potensiële besparing in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!