05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Waardetoegevoegde Dienste Freshmark

JOHAN VAN DEVENTER

HOOFBESTUURDER:

FRESHMARK

Freshmark, die Groep se afdeling vir die

verkryging en verspreiding van vrugte en

groente het die grootste bedryf van sy soort in

Afrika geword. Die waarde van produkte wat

versprei is het vanaf R165 miljoen per jaar met

sy ontstaan 20 jaar gelede, tot R2,41 miljard

per jaar toegeneem. Gedurende die oorsigtyd

het verprei dings van vrugte en groente van

259 000 ton in 2008 gegroei tot 280 000 ton

in 2009. Handelswins was danksy groter

bedryfsdoeltreffendheid meer as 30% hoër.

Meer as 95% van alle vrugte en groente is

regstreeks van 550 kwekers in Suid-Afrika

verkry. In die 14 lande waarin Freshmark in

bedryf is buite Suid-Afrika, verhoog die afdeling

elke jaar sy plaaslike verkryging. In lande

soos Zambië word meer as 80% van die Groep

28 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

DAVID HALLALE

KLEINHANDELBESTUURDER:

FRESHMARK

se groentebehoeftes deur Zambiese boorlinge

gekweek.

Freshmark se krag is steeds sy onwrikbare

fokus op die verkryging van kwaliteit

varsprodukte teen die beste pryse. Sy kopers

werk ten nouste met sy produsente oral in

Afrika saam. Produsente se plase word

gereeld besoek om seker te maak dat aan

ooreengekome voedselveiligheid- en ander

spesifikasies voldoen word. Onafhanklike

laboratoriums voer deurentyd toetse uit om

te bepaal of voedselveiligheidstandaarde van

wêreldgehalte volgehou word.

Freshmark bied die Groep se supermarkte

440 produklyne – 22 meer as in die vorige jaar.

Die nuwe produkte is hoofsaaklik organiese

varsprodukte, wat die aantal organiese

produkte wat die hele jaar beskikbaar is, op

meer as 70 te staan bring. Sy internasionale

verkrygingspan spoor oral ter wêreld nuwe

produkte op, asook dié wat nie plaaslik

verkryg baar is nie, ten einde die verwagtinge

van klante te oortref.

Om ’n omgewingsvriendelike manier te vind

om van varsprodukte-afval ontslae te raak is

’n erdwurm-“plaas” wat organiese bemesting

produseer, as ’n proefneming by die Kaapse

verspreidingsentrum gevestig.

Benewens die voorsiening van winkels in

Afrika vanuit Suid-Afrika en lande buite Afrika,

het Freshmark ook handel oor grense heen

binne die res van die Groep aan die gang gesit.

Hy steun en help reeds 358 kleinboere, in die

14 lande buite Suid-Afrika waar hy sake doen,

om die vereiste gehaltestandaarde te bereik.

Groot vordering word van jaar tot jaar gemaak.

In samewerking met die ComMark Trust,

’n organisasie sonder winsbejag wat ondersteun

word deur die Verenigde Koninkryk se

Departement van Landbou, het Freshmark

kursusse oor voedselveiligheid vir ontluikende

boere in KwaZulu-Natal en Swaziland aangebied

sodat hulle in die toekoms GlobalGAPakkreditasie

kan verkry.

Freshmark is tans besig met uitbreidingsplanne

by die meeste van sy ses verspreidingsentrums

in Suid-Afrika om vir sy groei voorsiening

te maak. Nuwe verspreidingsentrums

word vir Durban en Port Elizabeth beplan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!