Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd
Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd
Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid

vervolg

Toiletware

Colgate Palmolive

MICHAEL MEEWES

KLANTE ONTWIKKELING DIREKTEUR

Colgate Palmolive is ’n wêrelwye maatskappy wat mense in

meer as 200 lande bedien met verbruikersprodukte wat die

lewe gesonder en meer genotvol maak.

Die Maatskappy fokus op sterk internasionale handelsmerke in sy

kernbesigheid – mondgesondheid, persoonlike versorging en tuiste

versorging. Colgate lewer sterk globale- en plaaslike groei deur die

navolg van ’n streng gedefinieerde strategie om markleierposisies te

verskerp op kernprodukte soos tandepaste, tandeborsels, steen- en

vloeibare seep, reukweermiddels/antiperspirante, outomatiese

skottelgoedwasmasjien seep, huishoudelike skoonmaakmiddels en

tekstielversagters.

Die erkenning om verkies te word as die Shoprite Groep se Verskaffer

van die Jaar in die Toiletware kategorie, is ’n besondere prestasie en ’n

eer. Ons benadering van samewerking met die Shoprite Groep het ’n

soliede grondslag gekweek vir voortgesette strewe na volhoubare

groei en die versterking van verhoudinge in hierdie uitdagende tye.

42 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

Vrugte en Groete

De Keur Landgoed

MARINA POTGIETER

BEMARKINGSDIREKTEUR: GROENTE

De Keur Landgoed streef daarna om ten alle tye ’n markleier

en voorkeurverskaffer in die vars vrugte- en-groentebedryf in

Suid-Afrika te wees.

Ons het ’n trotse erfenis met die oorspronklike plaas, De Keur, wat

reeds in 1934 deur Charl (Tippie) du Toit aangekoop is. De Keur het

sedertdien uitgebrei met die aankoop van die plase Leeuwrivier (1971)

en Rocklands (1981) in die Koue Bokkeveld en De Hoop en Moreson

(2008) in Wolseley. Vrugte (appels, pere, perskes, nektariens en

pruime) en groente (uie, blaarslaai, brokkoli en blomkool) word op die

vyf produksie-eenhede verbou. De Keur se direksie glo daarin om

wêreldklaspraktyke na te streef en die produksie-eenhede is dus

EurepGAP en Nature’s Choice geakkrediteer.

Ons is baie trots op die gehalte van ons produkte en die produksie,

oes, opberging en verpakking word dus met die grootste sorg hanteer.

Die groente verpakkingsaanleg en koelkamers (EurepGAP geak kre diteer)

is op Rocklands gelëe, terwyl die vrugte by Snocooled Marketing,

De Keur se vrugteverpakkingsaanleg in Ceres gestoor en verpak word

(EurepGAP, BRC, Nature’s Choice en HACCP geakkrediteer)

Deel van ons maatskappy se missie is om ons omgewings- en

sosiale verantwoordelikhede na te kom en om ons mensekapitaal te

ontwikkel en ten volle aan te wend. Ons glo daarin om altyd betroubaar,

konsekwent, buigsaam en aanpasbaar te wees. Ons strewe altyd

daarna om op die hoogte te bly van die nuutste boerderypraktyke, die

ontwikkeling en opgradering van verpakkingsmateriaal en -metodes en

om ten alle tye ’n professionele en deursigtige verhouding met al ons

besigheidsvennote te handhaaf.

Ons is baie trots daarop om met die Shoprite Groep van Maat skap pye

geassosieer te word en dit was vir ons ’n hoogtepunt en eer om in 2000

en 2008 aangewys te word as die Shoprite Groep Verskaffer van die

Jaar – Groente-afdeling.

De Keur Landgoed streef daarna om ten alle tye kwaliteit produkte

aan die Shoprite Groep van Maatskappye te lewer en om ons vennootskap

te versterk met diens van hoogstaande gehalte.