05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Verslag van die Uitvoerende Hoof

vervolg

OK Franchise

Die franchise-divisie het in die jaar sterk

gevorder, met omset wat 26,5% hoër was.

Dit het 13 lede bygekry en het nou 265 lede

wat versprei is deur Suid-Afrika en sy buurlande.

Hierdie lede, waarvan die meerderheid

onder die OK-banier sake doen, baat veral by

die Groep se vermoë om namens hulle die

beste pryse danksy groter volumes te beding.

Meubels

Die meubelafdeling het in ’n uiters moeilike

mark vir duursame en halfduursame goedere

daarin geslaag om omset met 13,9% te

verhoog. Sy massamarkketting OK Furniture

het veral goed gevaar. ’n Welkome ontwik keling

was die toename in die vraag na krediet.

Die afdeling het met die oog op die toekoms

voortgegaan met sy sterk uitbreidingsprogram

en sy getal winkels met 28 tot 264 verhoog.

Hiervan is 27 in die BLSN-lande (Botswana,

Lesotho, Swaziland en Namibië) asook in

Mosambiek. Die voorneme is om verder in

Afrika in te beweeg.

12 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

Volhoubaarheid

Die volhoubaarheid van die Groep se

bedrywighede ontvang toenemende aandag

van bestuur, en ons is besig om doelwitte te

formaliseer wat in die toekoms ons optredes

en besluite sal bepaal. Ons aktiwiteite in

hierdie verband, verskyn op bladsye 33 tot 43

van hierdie verslag. Die sterkste klem sal

steeds op energiedoeltreffendheid en hulpbronbewaring

val. Vlootbestuur is gesentraliseer

om doeltreffende beheer van ons swaar

voertuie te verseker terwyl nagaflewerings by

winkels en gerekenariseerde roetebeplanning

reeds aansienlike energiebesparings

meebring. Alle nuwe geboue word ontwerp om

so energiedoeltreffend moontlik te wees

en sal die Groep se impak op die omgewing

grootliks versag.

Erkenning

Die sterk groei wat behaal is in ’n mark

oorlopens toe vol uitdagings is te danke aan

’n merkwaardige spanpoging, met totale

toewyding op elke vlak in die organisasie.

Na my mening is sulke samewerking net

moontlik in ’n omgewing waarin mense die

vryheid gegee word om skeppend te dink en

berekende kanse te waag. ’n Sterk

ondernemersgees het oor die afgelope 30 jaar

in ons kultuur gevestig geraak en ek wil almal

bedank wat gewerk het om hierdie merkwaardige

prestasie moontlik te maak.

JW Basson

Uitvoerende hoof

28 Augustus 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!