05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid

vervolg

Voedselprodukte

Foodcorp

CLIFF SAMPSON

BESTURENDE DIREKTEUR:

FOODCORP HANDELSMERKE

Missie Om een van die top drie Voedsel en Drinkgoed

maatskappye in Suid-Afrika te word deur ’n geintegreerde,

handelsmerkgedrewe besigheid te wees.

Foodcorp, die grootste voedselvervaardiger in swart besit in

Suid-Afrika, is die beheermaatskappy van ’n aantal handelsmerke

hoofsaaklik betrokke by die produksie, bemarking en verspreiding

van voedsel. Die Foodcorp stal sluit ’n diverse reeks handelsmerke in –

van stapelvoedsels tot verskeie van Suid-Afrika se lank bestaande

en mees bertroubare verbruikersgoedere.

In 2004 is Foodcorp aangeskaf deur Pamodzi Investment Holdings

en Foodcorp se eie werknemers en bestuur. Die aanwins was die

grootste sekondêre bemagtigde verkryging in Suid-Afrika en word

gesien as ’n baanbrekersbenadering tot die ontwikkeling van Swart

Ekonomiese Bemagtiging – deur voorheen benadeelde werknemers,

wat ongeveer 80% van die totale werksmag was, te bemagtig om 20%

van die maatskappy se aandele te bekom.

Die vyf traditionele besigheidseenhede van die Foodcorp Groep

(Nola, Mageu Number One, Marine Products, Ruto Mills en Sunbake

Bakeries) is aangevul toe die First Lifestyle groep aangekoop is in 2007.

Die First Lifestyle groep bestaan uit Piemans Pantry, Gull Foods, Fifers

Bakery, Seemann’s Quality Meats en Weber Barbeques, en is hoofsaaklik

gefokus op die gerieflikheids- en ‘aan-die-gang’ markte.

Foodcorp spog met ’n unieke eienskap in die balans en diversiteit

van sy produkportfolio. Voorbereide voedsels, wat waarde toevoeg

deur sterk handelsmerke, word goed gekomplementeer deur basiese

voedsel, soos mieliemeel. Verder strewe Foodcorp voortdurend daarna

om sy produkreeks uit te brei en te bou op die sterkte van sy

handelsmerke, terwyl die implementering van moderne tegnologie

wins gewendheid op basiese voedsel verseker.

Dit is vir ons ’n eer om deur ons gewaardeerde kliënt, die Shoprite

Groep, erken te word as een van hul 2008 Verskaffers van die Jaar.

40 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

Bederfbare Produkte en Diensdepartemente

Sasko Bakkerye

CHARL GOOSEN:

HOOFBESTUURDER

Sasko Bakkerye is deel van Pioneer Foods (Edms) Bpk,

’n welbekende Suid-Afrikaanse kos en drinkgoed-maatskappy.

Sasko Bakkerye het ’n ryk geskiedenis van bakkery kennis en

ondervinding wat terugdateer na 1936 toe die maatskappy

gevestig is.

Sasko Bakkerye is ’n betekenisvolle rolspeler in die Suid-Afrikaanse

broodmark, met ’n nasionale verspreiding na en verteenwoordiging in

meer as 36 000 kleinhandelafsetpunte.

Agtien fabrieksbakkerye produseer ons uiteenlopende mandjie

broodprodukte. Brood word vanaf hierdie fabrieksbakkerye, sowel as

vanaf 31 brood depots versprei. Broodrolletjies en bolletjies word

geproduseer in drie fyngebak fabrieke wat ’n groot deel van die

plaaslike kitskosbesighede bedien en dit word ook onder die Sasko

handelsmerk verkoop deur kleinhandelaars.

Sasko Bakkerye se doelstelling is om die markleier in die broodindustrie

te bly deur handelsmerk uitbreiding en differensiasie. Ons

sal ook voortgaan om ons kliënte en eindverbruikers te behaag met

heilsame en mededigende produkte en dienste; ons aandeelhouers te

behandel met integriteit en deursigtigheid en intiem betrokke wees by

die gemeenskappe waarbinne ons handel dryf; hoogs gemotiveerde

mense in diens te neem met genoegsame geleenthede vir groei; ons

besigheid professioneel en vooruitstrewend hanteer, met erkenning

vir die spanpogings van ons mense – en so sal ons die sukses van Sasko

Bakkerye handhaaf.

Ons is trots daarop om ’n gewaardeerde verskaffer aan die Shoprite

Groep te wees en voel werklik geëerd om erken te word as een van die

2008 Shoprite Groep Verskaffers van die Jaar.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!