05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bedryfsoorsig Checkers en Checkers Hyper

HENNIE VAN ROOYEN

AFDELINGSBESTUURDER:

CHECKERS/CHECKERS HYPER

GAUTENG

Verkopegroei in RSA 23,1%

Groei in aantal klantetransaksies in RSA 10,3%

Groei in waarde per transaksie in RSA 11,8%

Aantal winkels in RSA 24 Hypers (2008: 24)

130 supermarkte (2008: 121)

Aantal personeellede in RSA 19 646 (2008: 16 787)

Checkers, wat nou sy plek gevind het as ’n

handelsmerk wat waarde aan die bopunt van

die mark bied, was in die 12 maande tot einde

Junie 2009 Suid-Afrika se snelgroeiendste

kleinhandelvoedselketting. Sy omset het oor al

154 afsetpunte in Suid-Afrika (nege meer as in

die vorige finansiële jaar) met 23,1% toegeneem.

Dit het ook ’n beduidende toename in

markaandeel tot gevolg gehad. Sy bedrywighede

is in Suid-Afrika gekonsentreer, met

Namibië die enigste ander land waar die

handelsmerk, met vier supermarkte, ’n teenwoordigheid

het. Checkers omvat sowel die

MAURITZ ALBERTS

AFDELINGSBESTUURDER:

WES-KAAP

18 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

JOHANN FOURIE

AFDELINGSBESTUURDER:

OOS-KAAP

hiper- as die supermarkformaat. Laasge noem de

sluit ook ’n aantal kleiner geriefswinkels in.

Die ketting het die afgelope vier jaar stewig

gegroei, gerugsteun deur ’n bemarkingsveldtog

gerig op meer vermoënde verbruikers

waarin die klem op lewenstyl en gerief gelê is.

Sedert Checkers se herposisionering in ’n hoër

marksegment is die fokus op varsheid en gerief

versnel en daardeur is sy beeld geskoei op ’n

aantal spesialis produkkategorieë soos kaas,

vleis en wyn wat tot gesprekspunte gelei en

verbruikers se aandag gelok het. Kase is

ingevoer vanuit die werêld se beste kaasproduserende

lande, spesialis vleisprodukte

soos Steakhouse Classic en Certified Natural

Lamb is bekendgestel en ’n wynroete geskep

waar wyne vanaf talle landgoede teen

dieselfde pryse as by die kelderdeur bekom

kan word.

Die ekonomiese afswaai, wat ook hoërinkomste-verbruikers

na beter waarde laat

soek het, het die ketting aansienlik gebaat,

want hy kon nuwe verbruikers lok en daarna

behou, omdat ’n besoek aan ’n Checkerswinkel

hul verwagtinge bevredig het.

Die bestuur het veral daarop klem gelê om

die gehalte van die inkopie-ervaring te

verbeter. Daarom is met ’n deurlopende

program van winkelopknappings begin en is

veral besondere aandag aan personeeloplei-

ding en klantediens gegee. Die reeks waardetoegevoegde

produkte word gedurig opgegradeer

en uitgebrei, soos ook die winkels se

verskeidenheid van bederfbare produkte.

Benewens ’n meer uitgebreide keuse van

groente en vrugte, is die reekse organiese en

eetgereedprodukte ook vergroot.

Weens die doelwit dat Checkers beter

gerief moet bied, is sommige groot winkels in

die Gauteng-gebied nou 24 uur per dag in

bedryf. Snags ontvang personeel aflewerings

van die Groep se verspreidingsentrums en vul

die rakke aan terwyl spesialisdepartemente

soos die vleismark, bakkery en delikatesseafdeling

hul voorbereidings doen vir die

volgende dag. Dit maak dit vir dagpersoneel

moontlik om gedurende handelsure meer tyd

aan klante te bestee. Van Checkers se 154

winkels is 24 Hypers wat ’n veel groter

verskeidenheid van algemene handelsware

en spesialisreekse bied.

Kooppatrone het verander van maandelikse

inkope na meer dikwelse besoeke aan die

supermark namate verbruikers se voorkeur vir

toegevoegdewaarde-produkte en varsheid

toeneem. Hierdie tendens bied geleenthede vir

die handelsmerk in sy huidige markposisionering

vir volhoubare toekomstige groei.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!