05.05.2013 Views

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

Volledige Jaarverslag (Afrikaans) - Shoprite Holdings Ltd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bedryfsoorsig OK Franchise

GERHARD KRIEL

HOOFBESTUURDER:

OK FRANCHISE

Die OK Franchise-afdeling het gedurende

die jaar verder in statuur toegeneem. Omset

het met 26,5% gestyg en die afdeling het

betekenisvolle vordering gemaak in die

werwing van lede van formaat. Verkopegroei

was aansienlik hoër as voedselinflasie en met

kostes deeglik onder beheer, kon die afdeling

’n beduidend hoër handelswins verklaar as in

die vorige oorsigtyd.

Die divisie het vandag ’n uiteenlopende

lidmaatskap. Aan die einde van die oorsigtyd

het OK Franchise 265 lede gehad, ’n netto

toename van 13 in vergelyking met 2008. Die

aansien en finansiële stabiliteit van die lede

het in vergelyking met enkele jare gelede

grootliks verbeter. Nogtans word die

debiteure boek streng beheer.

PIETER CARSTENS

FINANSIËLE BESTUURDER:

20 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

OK FRANCHISE

Meer as die helfte van die lede doen sake

onder die OK-vaandel, een van die oudste en

meeste gerespekteerde handelsmerke in Suid-

Afrika. Die res bestaan uit 39 Megasave-lede

en 77 Sentras en aankoopvennote. Lede se

bedrywe wissel baie ten opsigte van grootte

en die mark wat hulle bedien en dus is vier

winkelformate met verloop van tyd geskep om

by hul behoeftes te pas. Onder die afdeling se

lede is 22 OK Foods-, 73 OK Grocer-, 27 OK

MiniMark- en 27 OK Value-winkels. Elke

formaat het sy eie stel toelatingstandaarde.

Die OK Value-formaat, met sy effens laer

intreevlak- en kapitaalvereistes, is spesifiek

ontwikkel om klein handelaars te help om die

mark te betree.

Hoewel die meeste lede hul besighede in

Suid-Afrika bedryf, het die afdeling ook 44 lede

in Namibië, ses in Botswana en een elk in

Lesotho en Swaziland. Die meeste van dié

winkels is op die platteland, maar daar is ook ’n

toenemende getal in stedelike gebiede. Die

geografiese verspreiding van lede brei gedurig

uit en aan die einde van die oorsigtyd was daar

18 winkels in die noorde van KwaZulu-Natal

waar daar aan die begin van die 2007-finansiële

jaar net 2 was.

’n Sterk persoonlike verhouding word met

alle lede gehandhaaf, danksy toegewyde

personeel in die afdeling se sewe streekkantore.

Lede vergader gereeld in hul streke

om oor promosiestrategieë te besluit. Dié

verhouding word gesteun deur gereeld

geleenthede te skep om lede aan die jongste

internasionale kleinhandelneigings en

-formate bloot te stel.

Die getal aansoeke uit eie beweging van

voornemende lede om by OK Franchise aan te

sluit, het in die jaar aansienlik toegeneem.

Handelaars word gelok deur die Groep se

mededingende pryse en aansporingskemas,

asook die aansien wat die afdeling in die

kleinhandelmark geniet.

Die bestuur verwag dat die momentum

wat in die oorsigtyd opgebou is, in die nuwe

finansiële jaar voortgesit sal word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!