14.06.2018 Views

NUUS_T2-JUNIE 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LAERSKOOL TONEEL

Ek kuier sommige en bulletjierugby in! Ons

pouses in die is sommer super trots

vierkant saam met op ons o.11 en o.13

die gr 1-3 leerders en rugbyspanne as wenners

word telkens verras deur van hul ligas.

hul kinderlike opregtheid

en vriendelikheid. Vrolik

kom die lyfies aangedraf

om te kom hallo sê en ‘n

drukkie uit te deel. En ek

beleef dit…ons Roodies is

gelukkige leerders!

Die kwartaal het talle

bedrywighede gehad met

heelwat hoogtepunte.

Ons dink aan die Roodieleerders

wat uitgeblink

het tydens die Pretoria

Eisteddfodd (sien artikel

onder kultuur). Daar was

die klasmusiekaand

waar die leerders ons

meegevoer het met hul

musikale talente. Jong

redenaars het ons verras

met hul oorredingsvermoë

en tong-in–die-kies

sêgoed. En dan sluit ons

die kwartaal af met ‘n

eksamen waarvoor hard

geleer was!

Baie dankie aan elke

afrigter, speler en

ouer vir ‘n seisoen se

toegewydheid aan

netbal en rugby. Dit sluit

natuurlik ons mini-netbal

Dankie aan die

landloopafrigters en atlete

wat ook hard gewerk

het die kwartaal. Geluk

aan Armand Vivier en

Mnr Glen Attwell wat

beide Noord-Gauteng

kleure verwerf het en

gekwalifiseer het om

aan die interprovinsiale

byeenkoms in Zeerust

deel te neem.

Geluk aan juffrouens

Sanet Myburgh en

Janique Smuts en hul

junior koor wat gekeur

is vir deelname aan

die Tshwane Youth Art

Festival in Augustus.

Maak asseblief seker dat

al u kind se skoolklere

duidelik gemerk is. Dit

verseker dat verlore

goedere weer aan die

leerders terug besorg

kan word. Lees asseblief

ook Mnr Niemand se

paragraaf rakende die

“lost and found”.

Ter afsluiting wil ek weer

benadruk hoe belangrik

skoolbywoning is. Moet

u kind nie onnodig tuis

hou nie en kommunikeer

afwesighede met die

registeropvoeders.

Afsprake moet asseblief

na skoolure geskeduleer

word.

Ek wens u en u gesin ‘n

heerlike wintersvakansie

toe. Veilig reis en sien

u op Dinsdag, 17 Julie

wanneer die skool weer

heropen.

Alta Theunissen

JUNIE 2018

PROUDLY DESIGNED BY SALES-SQUAD.COM 16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!