01.03.2019 Views

KAMP IS LEKKER Maart 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Maart 2016:

Laaste dag op ons Addo en

Camdeboo toer sien ons al die

vorige aand hier mag dalk

probleme kom die volgende

oggend. Ag uur, en ons is net

betyds opgepak om die pad te

vat, toe begin dit te reën. Ons ry

uit ‘n sopnat Graaff-Reinet tot in

die Suid-Kaap, maar reën het dit

gereën in die karoo, op ‘n

stadium so erg dat jy nie voor jou

in die pad kan sien nie. Ons sien

ook die Beervlei dam vir die

eerstekeer en ‘n wat ‘n belewenis

is dit nie om hierdie keerwal met

die droëloop te sien nie. Hierdie

was eintlik die enigste keer wat

ons die karoo verlaat het met ‘n

reënbui wat uitsak.

Junie 2017:

Op een van ons beplande Noord-

Kaap toere is ons eerste stop

weer by die Karoo Nasionale

Park, want ons mis die karoo!

Ons kamp 2 aande daar en kom

in lieflike maar koue weer by die

park aan. Ons slaan lekker kamp

op en besluit om tog maar ‘n

entjie te gaan uitry want ons hoor

iets van moontlike reën die

volgende dag. “Dis eintlik niks

snaaks vir Skotvry nie, so half

asof ons dit verwag het.” Vir die

kinders op die stadium toe al heel

aanvaarbaar. Na ‘n heerlike kamp

vuur en kuier aand staan ons die

volgende dag op in bitter erge

koue en die volgende oomblik

begin dit te reën, maar snaaks lyk

dit meer soos sneeu vlokkies.

Ons is baie opgewonde want dit

lyk soos sneeu reën, iets wat ons

nog nooit beleef het nie. So asof

die reën in “slow motion” gegaan

het. Toe ons kyk, is die berg net

agter ons vol sneeu en daar

heers ‘n ongelooflike

opgewondenheid, want weereens

is dit mos nou nat in die karoo.

Ons kry later wel weer

geleentheid om uit te ry, want

eintlik soek ons nog die karoo

leeus, wat deesdae so rondloop.

Dit is net te wonderlik om die nat

plasse te sien en al wat ‘n berg

het ‘n pragtige lagie sneeu op.

Ons kan nie anders om ‘n klomp

foto’s te neem nie en die wit

karoo koppe bring n nuwe

bekoring.

So ja, ons het nog net gekamp in

die “Nat Karoo”, “Donderweer

Karoo” en “Sneeu Karoo” en ons

wens is dat ons weer goeie reën

vir die karoo en sy mense kan

bring op ‘n volgende besoek.

Spottende is dit nou al onder ons

asof Skotvry altyd reën bring vir

die karoo. As die lewe maar net

so eenvoudig was, maar ons bid

en dink aan almal wat swaar en

gebuk gaan onder die droogte.

Skotvry groete!

LINKS: Karoo Nasionale Park

ONDER MIDDEL: Tankwa Karoo

ONDER REGS: Osfontein: Loxton

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!