06.05.2013 Views

Elaine Browne.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Elaine Browne.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

Elaine Browne.pdf - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

27

S: Ek sal ook sê die die woorde, soos hulle gaan leer nie. Ons kind leer nie. Hy ... Dit wat hy hier kry, hy gaan sit

daai, hy vat daai sak en los dit netso tot môreoggend toe. En nou hy gaan nie deur die, die, die werkies wat ons

gedoen het nie en dit dit maak hulle ... Dit is moeilik dan vir hulle om om eksamens te skryf, maar as jy nou die

boeke gaan kyk, dan gaan jy sien, jinne die werk is darem ma nie... maar van hulle kant af ... niks.

Q: Ja en gewoonlik is, is die inhoud van van die lesse is dit mos nou nie, hoe kan ek sê skriftelik soos skriftelike

toetsies en skriftelike ... Daar is mos nie genoeg punte nie. As dit dans moet wees of wat ookal dan is dit maar ‘n

punt wat jy mos nou deur middel van a, a, rubric of ‘n ding moet uitwerk en so aan, as jy punte moet kry.

Elaine: So, die assessering soos u sê is nogal moeilik want daar is baie ...

Q: Daar is baie kinders, daar is baie kinders. As ‘n mens nou dink aan die graad, die twee graad 6 klasse. Daar’s

44 in elke klas. Die graad vywe is, ek dink hulle is OK, hulle, hulle is OK 40, 40 in ‘n klas. En dit vat baie tyd, baie

tyd en elke man wil sy pond vleis hê. Ja.

R: Ek wil nog bygesit het um, onse kinders kan nie kreatief dink nie, byvoorbeeld hulle moet nou ‘n blompot

teken. Jy moet altyd vir hulle wys hoe om die prentjie mooier te maak. Hulle gaan net ‘n blompot teken, hulle

gaan nie verder dink en dit moet mooi helder en realise en kleur in te bring en haai, en kreatief te dink, verder

as, hoe sê ‘n mens ...

Elaine: Die doodgewone ...

R: Ja, die doodgewone, bietjie verder as dit ...

Q: En as ons wiskunde doen, hulle, hulle wil daai antwoord ook van jou hê ..

S: Hulle verwag alles ja, jy moet, hulle wil niks doen nie, jy moet alles op ‘n skinkbord en ek dink ek doen dit

maar so half en half. Gee dit maar so op ‘n skinkbord, want aan die einde van die dag help dit nie juis veel nie,

want hulle wil nie hulle verstandjies gebruik nie en as ek nou wel ... Soos vandag het ek besluit ek gan, ek gan

net die die werk gee, maar ek gan nou sê hulle moet self invul. Dan is hulle absoluut verlore, absoluut.

Q: ‘n Mens kan ma sê die kultuur van selfleer is nie meer daar nie. (Einde van band, paar sinne hier verlore.)

Q: Kyk byvoorbeeld as ons nou dink aan aan ... As jy nou vra vir hulle hulle moet ‘n klein paar sinnetjies skryf

soos ‘n soos ‘n gediggie nou of ‘n song as ek dit so kan stel, dan gan, dan gan hulle jou die goed gee wat hulle op

die straat leer, al is dit hoe rou. Hulle gan dit vir jou gee, die taximusiek, die rappery. In klas, a, a, soveel geraas,

moet hulle sit en kap die ... die a, a ... wat noem ‘n mens dit nou eintlik?

S: Enigeding!

Elaine: Die ritme.

Q: Die ritmes kap hulle op die dinges uit. Al kap hy teen die muur of maar hy kap dit op ..

Elaine: Maar dit wys jou daar is talent. Die ritmiese talent ...

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!