01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2

nie maar ook fisieke groei by die adolessent plaasvind. Gouws en Kruger (1994: 9)

konstateer dat meisies se ontwikkelingsgang dié van seuns sowat twee jaar voor is.

Volgens Gerdes et al (1988: 300) kom die individu se laaste dramatiese

groeiversnelling gedurende adolessensie voor. 'n Seun se lengte kan byvoorbeeld met

soveel as 20 persent toeneem, terwyl die gemiddelde meisie teen die ouderdom van

15 tot 16 jaar ongeveer 98 persent van haar lengte as volwassene bereik het (vergelyk

Rice 1992: 174; Grinder 1978: 56 & Nortjé 2001: 3-5). Volgens Tanner (1979: 58)

ontwikkel meisies fisiek vinniger as seuns. Hulle bereik naamlik 50 persent van hul

volwasse lengte teen 'n vroeë ouderdom, gemiddeld 1,57 jaar in vergelyking met seuns

se twee jaar. Meisies bereik ook puberteit vroeër as seuns en hou vroeër op met groei,

terwyl seuns meisies dan na ongeveer twee jaar inhaal. Seuns ontwikkel wel groter

harte, spiere en longe as meisies, asook 'n hoër sistoliese bloeddruk, 'n laer hartklop

en 'n groter kapasiteit om suurstof in die bloed te vervoer (Tanner 1979: 75).

Volgens Lefrancois (1993: 382) vind die volgende veranderings ook op die fisieke vlak

by die adolessent plaas:

Tabel 1.1: Verandering op fisieke vlak by die adolessent

MEISIES * SEUNS #

Fisieke ontwikkeling Fisieke ontwikkeling

1 Verskyning van ongepigmenteerde 1 Verskyning van ongepigmenteerde

pubiese hare.

pubiese hare, en die testes en

skrotum groei

2 Begin van die adolessente

2 Begin van adolessente

groeiversnelling (“growth spurt”)

groeiversnelling (“growth spurt”)

3 Borste ontwikkel 3 Vergroting van die penis

4 Verskyning van gepigmenteerde 4 Verskyning van gepigmenteerde

gekrulde pubiese hare

gekrulde pubiese hare

5 Vergroting van vagina, klitoris en 5 Verdieping van stem en haartjies

uterus

verskyn op die bolip

6 Afname in tempo van fisieke groei 6 Eerste ejakulasie kom voor

7 Menstruasie begin 7 Afname in tempo van fisieke

groei

8 Onderarmhare begin groei 8 Onderarm- en gesighare begin

groei

9 Toename in sweetprodusering en 9 Toename in sweetprodusering en

aknee verskyn

aknee verskyn

10 Borshare begin groei

By meisies vind die eerste veranderings van so jonk as sewe en ‘n kwart jaar plaas en

die laaste veranderings heel waarskynlik eers op 16-jarige ouderdom. Menstruasie

begin op gemiddeld 12-jarige ouderdom (Lefrancois 1993: 382). Volgens Massyn en

Du Randt (1994: 51) kom die begin van menstruasie vroeër by Wit, Indiër- en Bruin

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!