01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

10

doeleindes. Die begrip “karate” beskryf dus 'n selfverdedigingskuns waarin die liggaam

se ledemate gebruik word om 'n aanval af te weer en die aanvaller te neutraliseer

(Botha 1985: 1). Volgens Schmidt (1990: 1) is karate 'n uitstekende manier van

selfverdediging en baie goeie oefening. Pearson (1991: voorwoord) meld die

volgende: “Martial Arts does not seek conflict, but someone who is able to defeat an

opponent with a deft side-step and a flick of the wrist.”

Karate word in drie hoofafdelings verdeel, naamlik:

• Kihon: die inoefening van die basiese bewegings in slaan-, skop- en

bloktegnieke (Van der Merwe 2002: 41).

• Kata: behels die inoefening en uitvoering van 'n vaste reeks bewegings in die

vorm van 'n skyngeveg (Loots 1983: 69).

• Kumite: die toepassing van tegnieke in 'n vry- of semivrygeveg. Tegnieke word

beheersd en meer gekontroleer uitgevoer om beserings te voorkom (Van der

Merwe 2002: 41).

Karate fokus nie net op die fisieke selfverdedingskomponent nie, maar bied ook ander

“verskuilde waardes”. Dowdall (1997: 1) skryf hieroor die volgende: “My feelings as a

child psychologist are that formal training in a martial art like karate is likely to have

many real and positive benefits for a child.” Hy lig die volgende “verskuilde waardes”

uit: karate help kinders om 'n positiewe verhouding met hul liggame te bou soos wat hul

fisieke vermoëns verbeter, hulle leer selfbeheersing aan, hulle leer hoe om hul

aggressie te beheer, en ontwikkel selfvertroue in hul eie vermoëns. Karate verhoog die

kind se konsentrasievlakke en verbeter hand-oog-koördinasie en balans. Die South

African Karate Association (JKA) (1963: 4) sluit hierby aan en verwys na die volgende

“verskuilde waardes”: karate ontwikkel die persoon fisiek (koördinasie, reaksietyd,

spoed van beweging, gesondheid en fiksheid; kognitief (verbeter konsentrasie);

emosioneel (verhoog die persoon se bewustheid van hom-/haarself en sy/haar

omgewing, bevorder deursettingsvermoë, en leer die persoon om tred te hou met die

realiteit) en sosiaal (leer die persoon om verskillende verhoudings te kweek en konflik

te hanteer). Deur die beoefening van karate word die karateka (die persoon wat karate

beoefen) op verskeie vlakke geraak. Volgens die South Africa JKA Karate Life Book

(1963: 4) hang dit ook van die persoon se karakter af of hy/sy ‘n ware karateka kan

wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!