01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

20

hulself, pas hul selfbeeld aan en kom na vore met 'n nuwe besef van hul identiteit deur

die ontdekking van hul nuwe self. Dit is ook 'n tydperk van seksuele volwassewording.

Die navorser stem saam met die bogenoemde skrywers en sluit by hulle aan deur

adolessensie te beskou as die tydperk (12 tot 18 jaar) waarin kinders se liggaam en

emosies verander terwyl hulle na hul eie identiteit soek.

1.9.2 Funksionele hulpmiddel

Du Preez en Alpaslan (1992: 19) het die volgende definisie vir die begrip “funksionele

hulpmiddel” geformuleer: “’n Funksionele hulpmiddel kan gesien word as daardie

middel, of faktore wat met 'n spesifieke funksionele ingesteldheid by maatskaplike

hulpverlening betrek word, om sodoende 'n bydrae te maak tot die kliënt en sy beter

maatskaplike funksionering.”

1.9.3 Eiewaarde

Plug et al (1988: 80) beskryf eiewaarde as selfagting, dit wil sê die persoon se

aanvaarding en goedkeuring van sy/haar eienskappe. (Sien afdeling 1.1 bladsy 7 vir ‘n

volledige beskrywing).

1.9.4 Selfbeeld/selfkonsep

Volgens die Vaktaalkomitee vir Maatskaplike Werk se Nuwe Woordeboek vir

Maatskaplike Werk (1995: 58) is selfbeeld die persoon se persepsie en evaluering van

hom-/haarself asook sy/haar rolvervulling. Die selfbeeld is nie staties nie en fluktueer

na gelang van die hoeveelheid spanning en druk waaraan die persoon blootgestel

word. Die persoon werk sy/haar hele lewe lank aan sy/haar selfbeeld. Namate sy/haar

selfkennis toeneem verander die beeld wat hy/sy van hom- /haarself het en word meer

volledig.

Volgens Terblanche (1995: 13) kan die selfkonsep beskou word as 'n saamgestelde

beeld van dit wat persone dink hulle is, dit wat hulle dink hulle kan bereik, dit wat hulle

dink oor andere se siening oor hulself, asook dit wat hulle self wil wees. In hierdie

studie gaan die begrippe “selfbeeld” en “selfkonsep” as sinonieme gebruik word in

ooreenstemming met Gerdes et al (1988: 77).

1.9.5 Karate

Volgens Smit (1992: 238) word die woord “karate” opgebou uit twee ideogramme

naamlik “kara” en “te”. Die eerste deel van die woord het aanvanklik “Chinese hand”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!