01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

32

• Mesomorfies – sterk, hoekig, gespierde liggaamsbou met gemiddelde

lengte ledemate en breë skouers;

Een van die bogenoemde komponente is gewoonlik dominant. Volgens Rice (1992:

182-183) verkies die meeste adolessente ‘n dominante mesomorfiese liggaamstipe

aangesien die samelewing voorkeur gee aan hierdie tipe liggaamstipe. Lang maer

seuns en meisies, asook kort, vet adolessente is dikwels ontevrede met hul

liggaamstipe. Die laasgenoemde skrywer het bevind dat seuns voorkeur gee aan die

mesomorfiese dominante liggaamstipe en dat hulle positiewe sosiale

persoonlikheidseienskappe met hierdie liggaamstipe assosieer (Rice 1992: 182-183).

Die adolessent evalueer egter nie net sy/haar liggaamstipe nie maar ook

liggaamsmassa.

2.3.5 Liggaamsmassa

‘n Noue verband bestaan tussen adolessente se liggaamstipe en hul massastatus.

Adolessente se persoonlike fisieke beskouing, sowel as ander se beskouing van hulle,

het ‘n invloed op hul liggaamsbeeld wat weer hul selfbeeld en selfvertroue beïnvloed.

Volgens Gouws et al (2004: 23) het Sugar (1993) tot die volgende bevinding gekom

tydens ‘n ondersoek met adolessente meisies:

• Vir die oorgrote meerderheid van die meisies was dit moeilik om positiewe

kommentaar oor hul liggame te lewer.

• Vir al die meisies was dit makliker om hul liggame te kritiseer.

• Die grootste bron van kommer, selfs by die skraalste meisies, was hul

gewig.

• Die mees algemene wens was om gewig te verloor en dit nie weer op te tel

nie.

• Die meeste van die meisies het hulself as minder aantreklik geëvalueer as

wat ander hulle beskou het.

• Die laaste bevinding sluit aan by die navorsingstudie dat meisies wat aktief

betrokke is by sport hul liggame meer positief beleef. Borkowski en Manzo

(1999: 10) sluit by die bogenoemde stelling aan deur te sê…”Martial Arts

can provide your son and daughter with the chance to become stronger and

more flexible and to improve their overall health and self-image.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!