01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

30

2.3.2 Vroeë en laat ontwikkeling

Volgens Lefrancois (1993: 382) speel die tydsaspek wanneer fisieke verandering by

die adolessent ‘n aanvang neem ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van ‘n

liggaamsbeeld, aangesien volwassenheid by die adolessent dikwels beoordeel word op

grond van sy/haar fisieke voorkoms.

Shaffer (1993:181) beaam die bogenoemde stelling en beweer dat seuns wat laat

ontwikkel meer angstig en aandagsoekerig is. Volgens laasgenoemde skrywers

beskou hulle hulself as onaantreklik en minder manlik as seuns wat vroeër ontwikkel

het. Vroeër ontwikkelde seuns is ook dikwels beter leiers, meer gebalanseerd,

selfversekerd en sportief.

Ander navorsers sluit by die bogenoemde skrywer aan en maak verder melding van die

feit dat laat ontwikkelende seuns dikwels ervaar dat hulle minderwaardig en sosiaal

onaanvaarbaar is. Hulle het laer akademiese verwagtinge van hulself en ‘n groter

behoefte aan aanvaarding, erkenning en simpatie. Volgens Seifert en Hoffnung (1991:

522) word laat ontwikkelende seuns dikwels minder gunstig beoordeel. Vanweë hul

kinderlike voorkoms word hulle deur onderwysers, ouers en ander waarnemers as

impulsief en onvolwasse beoordeel wat verder kan bydra tot gebrekkige selfvertroue.

Indien die portuurgroep hierdie oordeel versterk, meet laasgenoemde hulself dikwels

volgens hierdie maatstaf en hulle ontwikkel sodoende ‘n lae selfbeeld en gebrekkige

selfvertroue.

Vir meisies is die verhouding tussen sosiale volwassenheid en status baie meer

kompleks. Alhoewel vroeë borsontwikkeling geassosieer word met ‘n gunstige

liggaamsbeeld en verhoogde selfvertroue, het verskillende studies bewys dat vroeg

ontwikkelde meisies minder populêr is as laat ontwikkeldes (Lefrancois 1993: 382).

Meisies wat volgens verwagting “op tyd” ontwikkel, is die mees populêre van almal en

het die hoogste selfbeeld.

‘n Duidelike verband bestaan tussen hoe die gemeenskap en adolessente hulself as

vroeë en laat ontwikkelaars beleef en hoe dit hul liggaamsbeeld beïnvloed. By

adolessensie speel fisieke aantreklikheid ‘n belangrike rol in selfaanvaarding en

aanvaarding deur die portuurgroep.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!