01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

16

adolessente se vlakke van eiewaarde voor en na intervensie is daar van die

groeptoepassings-toetsprosedure gebruik gemaak. Volgens Grinnell (1988: 307-309)

verteenwoordig hierdie prosedure die toepassing van 'n meetinstrument op 'n groep

respondente wat op dieselfde tydstip op een plek teenwoordig is.

Die 20 adolessente het na afloop van die voortoets vir 'n tydperk van nege maande by

‘n karateprogram (X) ingeskakel. Hulle is twee maal per week vir ’n uur lank deur ‘n

senior karate-instrukteur afgerig. Volgens die Suid-Afrikaanse JKA Karatevereniging

moet ‘n karate-instrukteur oor sy Derde Dan (derde Swart gordel) beskik om as ‘n

senior instrukteur erken te word. Die karate-instrukteur wat by die studie betrek is, rig

reeds die afgelope 25 jaar karate af en het dus oor die nodige kwalifikasies beskik om

die adolessente af te rig. Na die nege maande is die adolessente se eiewaarde weer

getoets (0² ) ten einde die impak van die karateprogram daarop te bepaal.

Sekere faktore kan die interne en eksterne geldigheid van ‘n navorsingstudie beïnvloed

en daarom is dit noodsaaklik dat die navorser hiervan sal kennis dra. (Die interne en

eksterne geldigheid word volledig in Hoofstuk 5 bespreek).

1.6.1 Universum

Mueller in Mouton (1996: 134) verskaf die volgende definisie van ‘n universum: “The

universe is the complete set of elements and their characteristics about which a

conclusion is to be drawn on the basis of a sample.”

Die universum van hierdie navorsingstudie bestaan uit alle adolessente wat binne die

grense van Uitenhage en Despatch woon. Dit is egter onmoontlik om die hele

universum in te sluit, dus het die navorser gebruik gemaak van ‘n steekproef. Yegidis

en Weinbach (1996: 115) definieer ‘n steekproef as ‘n groep individue wat vanuit ‘n

spesifieke populasie gekies is vir ‘n studie. Die steekproef vir hierdie studie was

saamgestel uit 20 adolessente wat karate beoefen het, asook hul ouers of voogde.

In die navorsingstudie is van die doelgerigte steekproeftrekkingsmetode gebruik

gemaak. Volgens Neuman (1997: 206) maak ‘n navorser van 'n doelgerigte steekproef

gebruik wanneer sekere kriteria geïdentifiseer en gebruik word by die selektering van

respondente vir die insluiting in die navorsingstudie. (Hoofstuk 5 bespreek die

volledige kriteria vir insluiting van die adolessente/deelnemers by hierdie studie)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!