01.05.2013 Views

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

Doctor Philosophiae - Nelson Mandela Metropolitan University

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

18

navorser die impak wat 'n karateprogram op die eiewaarde van die adolessent het,

beskryf na aanleiding van die terugvoering vanaf adolessente se ouers/voogde.

1.7.1 Steekproef

Steekproeftrekking word soos volg beskryf: “Sampling is the selection of a part to

represent the whole” (Peil, Mitchell & Rimmer 1982: 26). By dié navorsing volgens die

kwalitatiewe benadering is van doelgerigte steekproeftrekking gebruik gemaak. Die

navorser het dus doelgerig diegene (ouers/voogde) ingesluit wat direk in verhouding

staan met die adolessente wat ingeskakel het by die karateprogram.

1.7.2 Die metode van data-insameling

Volgens Tutty et al (1996: 52) is die mees bruikbare data-insamelingsmetode by

kwalitatiewe navorsing ongetwyfeld die onderhoudvoeringsmetode en die skrywers

beskou onderhoudsvoering as 'n doelgerigte gesprekvoering.

Die metode van data-insameling wat binne die kwalitatiewe benadering benut is, is 'n

in-diepte semi-gestruktureerde onderhoud aan die hand van 'n onderhoudsriglyn.

Semi-gestruktureerde onderhoude laat vrae oor spesifieke onderwerpe toe, maar vrae

word op 'n oop manier gestel (Tutty et al 1996: 56). Die semi-gestruktureerde

onderhoud is vir hierdie studie toepaslik, aangesien dit die navorser in staat gestel het

om inligting, soos voorsien deur die persone betrokke by die adolessente (wat

deelgeneem het aan die karateprogram), te vergelyk. Dit bied ook aan die navorser

die geleentheid om terselfdertyd elke persoon se ervaring te probeer verstaan (Tutty et

al 1996: 56). Volgens Tutty et al (1996: 56) bestaan 'n onderhoudriglyn uit 'n paar

voorafgeformuleerde vrae wat help om die onderhoud te rig.

Met die aanvang van die navorsingstudie is die ouers/voogde, adolessente en karateinstrukteur

tydens 'n gesamentlike sessie voorberei. Tydens hierdie sessie is die

karateprogram en prosedures van data-insameling aan al die persone teenwoordig

verduidelik. Toestemmingsvorms en vrywaringsvorms is deur die ouers/voogde

onderteken.

1.7.3 Die metode van data-ontleding van toepassing op kwalitatiewe navorsing

Volgens Creswell (1994: 154) vind die aktiwiteit van data–ontleding gelyktydig plaas

saam met die insameling van data. Die analisering van data behels ook die

transkribering van onderhoude, die hersiening van getranskribeerde materiaal, die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!